Skutters buig knie met grasie
Skutters buig knie met grasie

Skutters buig knie met grasie

Boogskiet
Tielman van Lill
Tielman van Lill - 'n Sopnat Hertogenbosch in die suide van Nederland kon nie 'n demper op die Namibiese boogskietspan met Heidi Reddig as bestuurder by die 2019 Hyundai wêreldboogskietkampioenskap plaas nie.

Die drie mans – Louw Nel, Jacques van der Merwe en Riaan Vermaak – moes reeds Dinsdag die aftog blaas met 'n afsnypunt wat hulle gepootjie het.

Net die voorste 104 skutters kon na die uitkloprondes deurdring. Louw Nel het saam met nog 'n deelnemer op 104de geëindig en moes dus sake met 'n valbylrondte uitspook. Met senuwees van staal moes Nel hom met 'n enkele pyl laat geld, maar ongelukkig het sy mededinger met 'n hoër telling deurgedring.

By die vroue het Babette Taljaard en Ilana Malan wel na die uitkloprondtes gevorder waar hulle in gietende reën moes skiet.

“Ek en Babette het (gister) ons bes gelewer. My eerste rondte was teen Paige Pearce van Amerika waar ek verloor het,” vertel Malan.

“Babette se eerste rondte was teen Velia Schall van Duitsland wat sy gewen het. In haar tweede rondte het sy teen Italië se Irene Franchini te staan gekom wat haar ongelukkig met 143 punte teen 131 uitgeskakel het.

“Ons span is nou wel uit die kompetisie, maar dit was steeds 'n ongelooflike ondervinding. Ons het nog nooit soveel reën by enige kompetisie gesien nie en selfs die Nederlanders noem dit 'extreme weather'!

“Hierdie mense het geen genade vir ons gehad nie en skiet moes ons skiet. Alles was sopnat – die boog, die sneller en arme Babette! Babette gaan Namibië nog baie trots maak, want sy is nog jonk en verbeter met elke kompetisie,” het Malan uit Nederland aan Republikein vertel.

Die span sal Sondag vanaf die Internasionale Lughawe Schipol vertrek en Maandag by Internasionale Lughawe Hosea Kutako aankom.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!