SKW-jeugtoernooi kry hupstoot
Sokker
Retirement Fund Solutions (RFS) het onlangs 'n borgskap van N$53 000 aan SKW vir sy jeugsokkertoernooi oorhandig. Nagenoeg 900 kinders sal vanaf 3 tot 5 April by die SKW-velde in Olympia mekaar in die o.7- tot o.17-afdelings pak. Dit is die 13de keer sedert 2007 dat RFS dié ontwikkelingstoernooi ondersteun. Spanne wat na verwagting sal inskryf, is Windhoek-sportklub (SKW), Ramblers, Deutscher Turn- und Sportverein (DTS), Athletic-sokkerklub (AFC), Swakopmund-sokkerklub (SFC) en vele meer. Van links is Arend von Stryk (SKW), Sharika Skoppelitus en Kai Friedrich van Retirement Fund Solutions tydens die oorhandiging van die borgskap. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie