Slaagvereistes vir gr. 1 - 9 verlaag
Maatreëls word ingestel om die herhaling van grade tot 'n minimum te beperk.
Henriette Lamprecht
In reaksie op die impak van die Covid-19-inperkings op onderrig, het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur deur sy nasionale raad vir eksamens, evaluering en sertifisering (NEACB) toestemming verleen dat die minimum slaagvereiste vir graad 1 tot 9 van 40% tot 35% verlaag word.
Dit sal net vir vanjaar geld.
Die ministerie het by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, gesê die slaagvereistes is van toepassing op alle staat- en privaatskole wat by die ministerie geregistreer is en die Namibiese leerplan aanbied, tensy geskrewe toestemming van Steenkamp verkry is om daarvan af te wyk.
Volgens Steenkamp verskaf die leerplan die standaard om vanaf graad 1 tot 9 te vorder sonder om 'n graad te herhaal. 'n Leerling mag net twee keer in die junior primêre fase, twee keer in die senior primêre fase en een keer in die junior sekondêre fase 'n graad herhaal. Leerlinge wat 'n graad moet herhaal, moet volgens haar berading en ondersteuning ontvang.
Leerlinge wat die risiko loop om nie na 'n volgende graad te vorder nie, moet ook so gou as moontlik geïdentifiseer word. Sou so 'n leerling tot die volgende graad in 2021 vorder, moet 'n opsomming van alle ondersteuning wat voorsien is, asook 'n opsomming van die leerlinge se akademiese uitdagings aan die volgende graad- of vakonderwyser voorgelê word.
Elke skool moet 'n akademiese “herstelprogram” implementeer om die tyd in te haal wat as gevolg van die Covid-19-inperking verlore gegaan het.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie