Slaan ’n wegbreek met Matongo los
Ná 20 jaar se ervaring in Namibië se musiekbedryf het die sanggroep Matongo Family ’n vennootskap met Namibia Wildlife Resorts (NWR) aangegaan en ‘n kompetisie van stapel gestuur waarin die gelukkige wenner ’n naweek by enige van hul geriewe kan deurbring.
Dié groep het onlangs hul nuwe liedjie “Let’s go” vrygestel, waarin die Nama-wenners Maszanga ook optree.
Die liedjie en kompetisie is spesifiek vir Namibiërs gemaak om bewustheid van ons land se verskillende kulture te skep, en Namibiërs aan te moedig om skeppend te wees.
“Hoekom skep ons nie iets van ons eie om ons mense vir hul pogings te beloon nie?” het Straus “Makoya” Lunyangwe, een van die Matongo-sangers gevra.
Só is die idee vir die kompetisie gebore.
Namibiërs kan “Let’s go” verniet by Donluafrica.com of Soundcloud.com aflaai, waarna hulle hul eie dans vir die liedjie moet uitwerk en ’n video daarvan maak.
Deelnemers of hul kinders kan self op die liedjie dans, waarna dit op sosiale media geplaas moet word.
Deel die video dan met die “Matongo Family”.
Die video met die opwindendste danspassies sal die vakansie wen.
Die prys behels ’n naweek saam met ’n geliefde of ’n familielid by enige NWR-oord landswyd.
Merk die video met #Let’s go to NWR of #Matongofamily om in aanmerking vir die prys te kom.
Groepe en instansies mag ook deelneem, mits hulle onder mekaar ooreengekom het wie die gelukkige wenner van die wegbreek sal wees.
Lunyangwe sê die Matongo-groep gaan hul nuwe album binnekort bekend stel.
“Hierdie is maar net die begin,” sê hy.
Foto-onderskrif: Themba “Thembizo” Matongo en Straus “Makoya” Lunyangwe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie