Slagoffers van Desember-botsing uitgeken
Ongelukke
Enzo Amuele – Die slagoffers van ’n padongeluk vroeg in Desember 2021 in die Otjozondjupastreek wat 16 lewens geëis het, is geïdentifiseer.
Verskeie van die slagoffers het verkool en moes deur DNS-monsters geïdentifiseer word.
Die ongeluk het in die vroeë oggendure van 10 Desember 14 kilometer noord Okahandja op pad na Otjiwarongo plaasgevind toe ’n minibus en ’n sedanvoertuig in ’n botsing reg van voor betrokke was. Beide die voertuie het in vlamme uitgebars.
Die sedanvoertuig wat in Okahandja se rigting op pad was, het na bewering die ongeluk veroorsaak nadat hy ’n erdvark getref het. Dié voertuig het glo die aankomende minibus se sleepwa raakgery en ’n aankomende bussie kop teen kop getref.
SLAGOFFERS
’n Gedenkdiens is by die Onakaheke nedersetting in die Omusatistreek waartydens die slagoffers se name bekend gemaak is.
Hulle is die twee weke oue David Shalipo, Johannes Amakali (37), Eliakim Amakali (70), Immanuel Shetunyenga (55), Ignatius Mungolo (47), Leonard Ndeliimona (40), Phillipus Nangolo (13), Andreas Nekwaya (31) en David Kadhila (30).
Twee susterpare is ook in die ongeluk oorlede, naamlik susters Sylvia (4) en Bertha Taanyanda (11), asook Josephine (45) en Hilya Shapaka (42). Die nefies Jonathan Shishomba (9) en Abisai Shetunyenga (8) was ook slagoffers.
FAMILIETRAGEDIE
In ’n ongeluk op 5 Januarie in die Bwabwata Nasionale Park in Kavango-Oos het nog ’n susterpaar omgekom.
Die ongeluk het omstreeks seweuur die oggend wes van Kongola naby Omega 3 plaasgevind toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het nadat ’n band gebars en die voertuig omgeslaan het.
Heritha Muyoba (52) en haar suster Namangolwa (Chingo) Nzundamo, wat twee dae tevore haar 40ste verjaardag gevier het, het saam met Masonke Muyoba Richard Klein (8), Kasiku Nekaro (12) en Twambo Chanda (16) gesterf.
Die 22-jarige me. Amy Manga Sepiso, wat bestuur het, en die driejarige Nekaro Marus het die ongeluk oorleef.
FOTO
Sestien mense het gesterf nadat die minibus en sedanvoertuig kop-teen-kop gebots en in vlamme uitgebars het. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie