Slagoffers van terreur in Londen herdenk
Slagoffers van terreur in Londen herdenk

Slagoffers van terreur in Londen herdenk

Die slagoffers van die terreuraanval verlede jaar in Londen is Sondag herdenk met onder meer ’n minuut van stilte, 'n kranslegging en ’n erediens in die Southwark-katedraal.

Agt mense het op 3 Junie verlede jaar hul lewe verloor in ’n terreuraanval op London Bridge en die Borough Market. Drie mans het doelbewus met ’n paneelwa tussen voetgangers op die brug ingejaag voordat die voertuig gebots en tot stilstand gekom het.

Die drie insittendes het toe na die nabygeleë mark gehardloop en mense in restaurante en kroeë met messe aangeval. Die aanvallers was lede van Isis.

Mense met plakkate het Sondag op die brug saamgedrom en ’n olyfboom is by die katedraal geplant.

SkyNews berig die kompos vir die boom is gemaak van blomme wat verlede jaar kort ná die aanval op die brug neergelê is.

Die boom sal as die Boom van Heling bekend staan. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!