Slagtersnes by Otjiwarongo ontdek
Misdaadverslaggewer - Vyf slagosse waarvan die hakskeensenings deur veediewe afgekap is, moes op ’n plaas naby Otjiwarongo van kant gemaak word toe die beskutte slagplek van ’n vermoedelik gevestigde bende veediewe ontdek is.
Die afgeslagte karkasse van nog twee osse is ook daar ontdek.
Die slagplek is deur die Nyime Teenstropingseenheid, ’n private misdaadvoorkomingsorganisasie, in ’n beskutte klofie op die plaas Rooibult van mnr. André Byleveld gevind.
Een van die mans wat daarvan verdink word hy die naweek sewe slagosse op die plaas Erundu gesteel en dit toe deur die buurplaas Okatjimundu tot by dié slagplek op Rooibult aangejaag het, het gister in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn. Teen druktyd was die verrigtinge nog nie verdaag nie.
Sy vermeende makker het op die vlug geslaan toe die span van Nyime Maandagmiddag op die slagplek toegeslaan het. Hy is steeds op vrye voet.
Mnr. André Pretorius, eienaar van die slagosse, sê die beeste is vermoedelik Saterdag op sy plaas (Erundu) aangekeer en toe deur sy buurman, mnr. Jörg Diekmann, se plaas Okatjimundu tot by Rooibult aangejaag.
Volgens hom is die slagplek met die reeds geslagte karkasse en die gewonde osse in ’n afgeleë klofie op laasgenoemde plaas gevind.
Hy is van die gruvonds in kennis gestel nadat die osse aan hul oorplaatjies en veebrandmerke uitgeken is. Die veediewe het die osse se hakskeensenings afgekap om te verhoed dat die diere weghardloop. Hulle was van plan om dié vyf beeste ook dood te maak en te slag.
Hy sê daar lê baie uitgedroogde karkasreste en bene in die klofie en dit lyk of daar al lank onwettig geslag word.
Pretorius sê daar is nie pad tot die klofie nie en dit kan net te voet bereik word. “Die veediewe maak die vleis in die veld droog, pak dit in sakke en dra dit dan tot by die naaste distrikspad waar hulle deur ’n voertuig opgelaai word,” sê hy.
Die vleis was vermoedelik vir die kapanamark op Otjiwarongo bestem.
Personeel van Gecko Graphite, wat die grafietmyn op die plaas Okanjande ’n ent daarvan bedryf, het ’n kruiptrekker gestuur om deur die bosse ’n pad oop te stoot sodat Pretorius met ’n voertuig tot in die kloof kon kom.
Die beseerde beeste is daar van kant gemaak en die karkasse is met die kruiptrekker uit die klofie geneem.
Mnr. Chris Visser van die Nyime Teenstropingseenheid sê Diekmann het hulle ontbied toe hy agtergekom het van sy grensdrade is geknip om die beeste deur te jaag.
Dié eenheid se spoorsnyers het die spore gevolg en die beeste in die klofie gevind.
Visser sê dit is duidelik ’n ou slagplek wat lankal in gebruik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie