Slamet vat opnuut die stuurwiel van WMK
Die nuut verkose komitee het reeds hul rolle en verantwoordelikhede verdeel.
Tielman van Lill - Die Windhoek-motorklub (WMK) het Saterdag sy algemene jaarvergadering by sy klubhuis gehou wat by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad geleë is.
Die nuwe komitee wat vir die volgende twee jaar in die stoel sal wees, is onder andere Richard Slamet (voorsitter), Cornelia Liebenberg (ondervoorsitter) en Rianca Fourie (sekretaresse).
Liebenberg is die eerste vroulike ondervoorsitter in die WMK se bestaan. Sy is 'n gesoute organiseerder en is al vir jare by motorsport as komiteelid van die jaarlikse Total Tara-tydren en ander byeenkomste betrokke.
Verteenwoordigers is gekies om die onderskeie dissiplines se sake te hanteer. Clive Strydom vat die langbaanresiese asook klasse A, B, C, D, E en F, terwyl Gareth Fourie vir renstelle, Max Terino, Junior Max, Senior Max en Meesters verantwoordelik is.
Deon Diergaardt staan pa vir die 400 m-versnelrenne wat uit klasse C, F en Bandit vir karre saamgestel is, terwyl die motorfietse in klas A, B en Bandit kompeteer.
Slamet, wat vier jaar gelede die eerste keer as voorsitter van die WMK verkies was, kom uit 'n familie waar die adrenalien en petrol dik deur die mans se are vloei.
Slamet sê: “Ek was in Februarie 2016 vir die eerste keer as voorsitter van die WMK vir 'n termyn van twee jaar verkies. Gedurende my twee termyne het ons as klub en komitee vele mylpale saam bereik, maar ek kan nie alleen hiervoor erkenning vat nie.
“Ek was vanuit die staanspoor gelukkig om 'n goeie span aan my kant te hê wat bankvas agter my gestaan het. Inteendeel, dit is steeds die geval en dieselfde geld vir komiteelede wat in my tweede termyn as voorsitter (2018 tot 2020) by ons ingeval het.
“Ons het soos 'n goed geoliede masjien die afgelope vier jaar geloop en ons sien uit na 2020 en 2021 om WMK groter en beter te maak.
“Ons kan met trots sê dat WMK steeds die oudste en mees suksesvolle motorklub in Namibië is wat by die Namibiese Motorsportfederasie geregistreer is.”
Slamet voeg by: “Vir 2020-'21 is ons voorneme beslis om die langbaanresiese nog meer interessant te maak vir ons toeskouers, sowel as om die ryers aan internasionale deelname bloot te stel.
“Ons beoog om vanjaar 'n span na Suid-Afrika te stuur, maar ook om spanne van die RSA en Angola te bring om weer by ons te kom deelneem.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie