Slang in die gras op Kameeldoringspruit
Slang in die gras op Kameeldoringspruit

Slang in die gras op Kameeldoringspruit

Francoise Steynberg
Grietjie het geweet dit gaan een of ander tyd gebeur: 'n Slang in die gras op Kameeldoringspruit.

Grietjie is 'n plaasmeisie en haat die stad se lawaai. Dis waarom sy Kameeldoringspruit toe getrek het waar nog mooi doringbome, veld en 'n spruit is. Daar sing nog baie voëltjies in die bome, die fisante kom eet saad op die stoep en 'n dassiepaartjie kom kuier van die koppie.

Grietjie se ma se vet Stekels-steekhaarbrak, kamma Australiese beeshond, het een middernag so gegrom en geblaf dat Grietjie moes uitgaan om te kyk of daar nie 'n slang is nie. Sowaar is daar 'n ystervark en haar 'n kleintjie. Grietjie moet sukkel om vir Beeshond in die huis te hou, want ystervarke draai om en grrr, wikkel hulle daai penne. Sowaar kom Pappa Ystervark uit die spruit uit en hulle wei te lekker in die groen gras ná Krismis se lekker reën.

Maar einde verlede jaar was daar 'n groot tragedie toe die bure oorkant se seuntjie weens 'n sebraslangbyt dood is. Grietjie het geweet sy moet die stoep se deure snags toehou, maar die hittegolf skroei ons uit hierdie dorre aarde uit wat Donald Trump nie wil erken is klimaatsverandering nie.

Tot Grietjie se buurvrou laat Dinsdagaand bel en maan "moenie skrik nie, maar daar is 'n sebraslang in jou tuin!"

Grietjie spring op en maak die stoepdeur en vensters toe en sorg dat die honde binne is. Vet Liefie-kat slaap vas op die bed, maar Grietjie se Bibi-kat is weg. Dié loop natuurlik weer rond en vang akkedisse waaroor Grietjie se ma baie kwaad word. "Bibi is 'n regte moordenaar!" sê Grietjie se ma as sy wéér 'n akkedisstert optel.

Grietjie het al gehoor hoe die buurt se kinders vir Bibi-bontkat sê sy is die lelikste kat in die hele wêreld.

Gelukkig is die sekuriteitswagte op hul pos en hulle het die slang tydens hul patrollie in die nag gesien. Hulle sê slang is in die blomboks. Grietjie gee vir hulle 'n flits en bel vir Francois Slangvanger.

Intussen kom buurman oor die straat aangestap. Hy lyk gepantser soos 'n karakter uit Charlize Theron se Mad Max Fury Road. Sy wapenuitrusting behels 'n sweishelmet op sy kop, 'n brandende sigaret in die mond en twee braaitange.

Sy vrou kom agterna met 'n krat en skree "Piesang, los die slang. Gooi hom met die krat as jy moet!"

(Dis ook al hierdie dierbare bure van Kameeldoringspruit wat tydens drie dae se kragonderbrekings my "Januworrie" se een plaashoender, een pakkie maalvleis en een pakkie spek in hul vrieskas laat bêre het en hul kragopwekker met my gedeel het.)

Intussen probeer Grietjie vir Bibi-kat wat darem al op die stoep is, in die huis kry, maar sy wil niks weet nie. Sy is dan die heldin in die verhaal.

Francois kom vang tjoef-tjaf vir slang van 1,4 meter en Grietjie is hom ewig dankbaar. (Betaal tog assblief geld in sy fonds in en ook in die trustfonds van Deon Heunis de Wet sodat 'n teengif teen sebraslange gevind kan word.)

Sekuriteitswagte bring Grietjie se flits terug en sy sê dankie dat hulle so paraat is.

"Jou kat is die ‘hero’. Die slang het oor die straat geseil, jou kat het hom gesien, op die muur gespring en 'n groot performance opgesit toe daai slang in die blomboks is.

"Jou kat het gesorg dat die slang nie by jou jaart ingaan nie en hom buite gehou," sê sekuriteitswagte.

Al is Bibi dalk die lelikste kat, weet Grietjie sy is die dapperste kat in die hele wêreld.
Dapperder as die dapperste muis.

Bibi is beslis Slang se Moses!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!