Slangbytslagoffer gister ontslaan
Die slagoffer van 'n slangbyt by die slangpark op Swakopmund is gister uit die hospitaal ontslaan. Mnr. Stuart Hebbard, wat by die slangpark werk, is Saterdagmiddag deur 'n swartmamba gebyt. “Ek is uit die hospitaal ontslaan en alles is terug na normaal,” het Hebbard gesê. Hy het beskryf hoe een van Namibië se giftigste slange hom by die werk gebyt het: "Die slang was baie kalm toe ek hom gevoer het. Toe die rot weghardloop wat ek vir die slang gevoer het, byt die slang my in die gesig. Hy het seker gedink ek is die rot." Foto te rillustrasie Wikipedia
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie