Slawekastele se verlede van gruwels
Ghana se Goudkus het 'n ryk geskiedenis met verskeie kastele en forte uit die slawetydperk wat nog goed bewaar is.
Francoise Steynberg in Elmina, Ghana - Die Goudkus van Ghana spog met verskeie kastele en forte waarvan die Elmina- en Cape Coast-kasteel weens hul geskiedenis van slawehandel die bekendste is.
Die twee kastele was die grootste handelsposte aan die Goudkus as die hoofkwartiere vir die ontwikkeling van handel in die streek.
Stap jy tydens 'n begeleide toer deur die twee kastele, kan jy nie anders as om emosioneel te voel nie. Die selle is donker, nat en muf met min ventilasie. Daar’s krapmerke teen die mure.
Die aanhoudingselle waar die slawe na die bote gelei is - 'n nou poort - laat jou hoendervleis kry oor hoe die slawe moes voel om hul families en vasteland vir ewig vir die vreemde te verruil.
Dit is deel van die ryk, maar wel die gruwelgeskiedenis van slawerny in Afrika.
Die St. George-kasteel, ofte wel São Jorge de Mina, alombekend as die Elmina-kasteel, is in 1842 as die eerste van baie kusforte deur die Portugese gebou. Dit is die oudste en grootste steenstruktuur wat deur Europeërs in die trope opgerig is.
Tydens die eerste jaar van konstruksie van die Elmina-kasteel is dit deur Christopher Columbus besoek wat 10 jaar later sy geskiedkundige ontdekkingstog na die Amerikas onderneem het.
Die oorspronklike toring van Elmina het min verander sedert 1842, maar die reghoekige binnehof en kapel is in die 16de eeu bygevoeg.
Die kasteel was deur 40 tot 60 amptenare beman, wat deur die koning van Portugal betaal is. Hulle sluit in handelaars, dokters, aptekers, soldate en diensknegte.
Die kasteel het ook 'n Christelike laerskool gehuisves en die koning het kontantpryse uitgeloof as plaaslike inwoners tot bekering kom.
Langs die kasteel het 'n ommuurde stad ontstaan, wat later deur die koning tot 'n stad verklaar is. Dit het uitgebrei na 'n bevolking van meer as 12 000 in 1700.
CAPE COAST
Die Cape Coast-kasteel het deurentyd verander.
Cape Coast was een van die grootste markte langs die kus nog voor 'n fort daar gebou is.
Dit is oorspronklik as 'n lodge deur die Portugese opgerig en tot 'n fort vergroot, maar in 1637 deur die Hollanders oorgeneem en verder vergroot. In 1652 is die weer deur die Swede oorgeneem en vergroot en daarna in 1657 deur die Dene.
Die kastele het in die volgende paar jare gedurig van hande verwissel en is finaal in 1664 deur die Engelse oorgeneem. Dit was die Engelse se setel van administrasie in die Goudkus totdat die administratiewe hoofstad in 1877 na Accra verskuif is.
Die voormalige Amerikaanse presidentspaar, Barack en Michelle Obama, het in Julie 2009 tydens hul besoek aan Cape Coast 'n gedenkplaat by die kasteel ingehuldig.
SLAWEHANDEL
Tussen die 1840's en 1590's het Portugeuse gouduitvoere 'n vlak van 700 kg per jaar bereik en met die oog op meer winste is met slawe begin handel dryf.
Tussen 1845 en 1540 is 12 000 slawe vanaf Benin, die eiland São Tome en Whydah gekoop en elke ses weke na Elmina gebring. Hulle is aan goudhandelaars van Inkasa, Ahanta, Abrem, Etsi, Tafo, Akani en Mali verkoop. Teen 1530 was die Portugeuse slawehandel by Elmina goed gevestig, maar dit het net 15% van hul totale handel uitgemaak.
In die 16de eeu het slawehandel 'n bloeitydperk beleef toe mynbou en landbou, veral suikerplantasies, in die Amerikas 'n groot arbeidsmag benodig het.
'n Besoek aan die slawekastele is 'n móét en 'n verrykende ervaring.
Die kastele en forte is aan die Goudkus, wes van Accra, geleë. Almal is volgens die museums by die kastele deur die Wêrelderfenisraad erken.
Air Namibia bied vlugte binne ses ure van Windhoek via Lagos, Nigerië, na Accra aan. Vlugte van Windhoek af is op Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae en vlieg op dieselfde dae terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie