Slegs 112 toeriste land op Hosea Kutako-lughawe
Die hoop beskaam vir die toerismesektor en boonop maak die Namibiese ambassadeur in Brasilië blapse op TV om Namibië as bestemming te bemark.
Francoise Steynberg – Die toerismeherlewingsinisiatief faal klaaglik met slegs 112 toeriste wat op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland het sedert die lughawe vir buitelandse toeriste geopen is.
Volgens ’n inligtingsdokument wat Dinsdag aan die toerismebedryf uitgestuur is oor verlede week se vergadering van die toerismetaakspan met die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme, gesondheid en maatskaplike dienste, en werke en vervoer, is van hierdie toeriste egter terugkerende Namibiese burgers en inwoners wat as toeriste ingekom het om kwarantyn te omseil.
Intussen is daar geen hoop op die horison vir die sinkende toerismebedryf nie met Amerika wat Maandag ’n reiswaarskuwing aan sy burgers teen Namibië weens Covid-19 uitgereik het.
Die Amerikaanse ambassade in Namibië het Maandag op sy webtuiste verklaar dat die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en –Voorkoming (CDC) ’n vlak 3-reisgesondheidskennisgewing vir Namibië weens Covid-19 uitgereik het.
Vlak 3 beteken reise na ’n land moet heroorweeg word en op vlak 4 word Amerikaanse burgers gewaarsku om geensins na ’n land te reis nie.
DUITSLAND
In Duitsland is Namibië ook steeds as ’n hoërisikoland gelys met regulasies wat vanaf 15 Oktober vereis dat ’n reisiger wat vanaf ’n hoërisikoland na Duitsland reis, vir 10 dae in selfisolasie moet gaan.
Dit beteken dat Duitse toeriste wat in Namibië kom reis en na Duitsland terugkeer eers vir 10 dae in selfisolasie moet gaan en onderhewig aan ’n Covid-19-toets is.
Slegs Namibiërs met Duitse paspoorte kan Duitsland besoek, maar volgens die Duitse ambassade in Namibië sal visums slegs in uitsonderlike gevalle uitgereik word vir onder meer gesondheidswerkers, vervoerpersoneel, seisoenale landbouwerkers en seelui.
Tydelike besoeke sal toegelaat word vir familielede van Duitse en Europese Unie-burgers vir familieredes soos geboortes, troues, sterfgevalle en begrafnisse.
Dit geld ook vir onder meer diplomate, militêre personeel en dié van internasionale organisasies, humanitêre hulporganisasies, reisigers in transit, en persone wat internasionale beskerming benodig, insluitende dringende mediese redes.
Aansoeke van geskoolde en hoogs gekwalifiseerde werkers soos wetenskaplikes, navorsers en sakereisigers geld ook. Dit is ook van toepassing op studente wat nie hul studies buite Duitsland kan voortsit nie en leerlinge wat vir ten minste ses maande in ’n koshuis woon. - [email protected]
KASSIE
BLAPS IN BRASILIë
Die spot word gedryf met die Namibiese ambassadeur in Brasilië, mnr. Samuel Nuuyoma, oor sy blapse tydens ’n TV-onderhoud in sy poging om Namibië as toeristebestemming te bemark.
Hy spog Namibië is die enigste land waar jy “natuurlike lugverkoeling” kan kry.
“Jy kan berge klim, die duine oploop en die duin afrol. Jy kan by Spitzkoppe die sonsondergang sien en vra of die son in die see of onder die aarde sak,” sê Nuuyoma.
Hy sê ook die enigste plek waar jy op safari kan gaan, is in Namibië. Die onderhoudvoerder help hom reg en sê hy bedoel seker in Afrika.
Nuuyoma spog ook oor die wilde diere in Etosha: “Somtyds weet jy nie of die diere kan praat nie.”
Intussen stroom grappies en memes op sosiale media in waarmee die spot met Nuuyoma gedryf word. Sommiges meen egter hy is ’n verleentheid vir Namibië en moet as ambassadeur in Brasilië herroep word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie