Slegs drie maande tronk toe vir kameelperdjag
Francoise Steynberg – Twee Namibiese mans, Jimmy Habate Gawaseb en Friedriek Stuurman, is op 2 Junie in die Kamanjab-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige jag van ‘n kameelperd in Augustus 2018.
Hulle is slegs tot drie maande tronkstraf of ‘n boete van N$2 000 elk gevonnis.
Dit is een van die min wildmisdaadsake wat suksesvol in Namibiese howe afgehandel is.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 15 tot 21 Junie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam agt wildverdagtes in hegtenis geneem en twee nuwe sake aanhangig gemaak.
Drie van die verdagtes is verlede week vasgetrek weens die sameswering om ‘n renoster te stroop. Dit hou verband met verskillende ou renosterstropery-sake by Okahao.
Die drie is mnre. Gerhard Iyambo, Johannes Ndinombili Nuuyoma en Henok Ekandjo Katuyavula Shaningwa. Laasgenoemde is ook aangekla op die wet van die voorkoming van georganiseerde misdaad.
Vier Namibiese mans is verlede Donderdag by Karasburg in hegtenis geneem met glo een gemsbok- en drie koedoekarkasse in hul besit.
Mnre. Johannes Boois, Andries Van Wyk, Dawid van Wyk en Diego Jooste is van onwettige jag aangekla.
Mnr. Roster Mazila Mukendwa is weer by Katima Mulilo glo met ‘n duikerkarkas in sy besit in hegtenis geneem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie