Slegte nuus in SA rol van sterker rand se rug af
Slegte nuus in SA rol van sterker rand se rug af

Slegte nuus in SA rol van sterker rand se rug af

Nellie Brand-Jonker



Die rand het Vrydagaand laat rondom sy sterkste vlak die afgelope maand van R14,75 teen die dollar verhandel. Dit het deur die dag 12c teen die dollar versterk.

Sedert einde Augustus, verlede Vrydag, het die rand 'n omkeer van 43c vanaf R15,18 gemaak.

“Die week is besaai met slegte nuus in Suid-Afrika oor xenofobiese en afskuwelike aanvalle op buitelandse burgers. Maar terwyl die strate van Johannesburg en Pretoria brand, het finansiële markte nie dié hitte gevoel nie,” het Bianca Botes, 'n vennoot van Peregrine Treasury Solutions, Vrydagoggend in 'n verklaring gesê.

Die sterker rand word toegeskryf aan internasionale spanning oor handel wat vandeesweek effens afgeneem het.

Botes het gesê die finansiële markte het skaars 'n oog geknip oor die gruwels in Suid-Afrika.

Van die plaaslike positiewe nuus was die BBP wat in die tweede kwartaal beter as verwag gegroei het.

Sy het gesê die rand het 'n uitsonderlike vertoning vandeesweek gelewer.

Die BBP-syfers het die geldeenheid aanvanklik aangespoor om uit die band van verhandeling tussen R15,17 en R15,35 in die afgelope maand te breek.

Mpho Tsebe, 'n ekonoom van RMB, het ook Vrydagoggend in 'n nuusbrief gesê aandeelpryse het vandeesweek internasionaal gestyg weens spanning oor handel wat afgeneem het.

Dit het ook gehelp om die Top-40-indeks en die indeks van alle aandele vandeesweek vir drie van die vyf dae op te skuif.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!