Slegte nuus vir petrolprys: olieprys skiet hoogte in
Elvira Wood – Die olieprys het vroeg gisteroggend tot ’n rekordhoogtepunt vir 2019 opgeskiet.
Brent ruolie het in ’n stadium tot $66,61 per vat opgeskiet voordat dit later tot $66,29 per vat teruggesak het.
Reuters berig die besluit laat in 2018 deur die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en ander nie-lidlande soos Rusland om produksie met 1,2 miljoen vate per dag te besnoei begin nou duidelik ’n invloed op die prys hê.
Die VSA se sanksies teen Iran en Venezuela het die prys nog verder laat opskiet.
Die Chinese regering wat vroeg Maandagoggend aangekondig het dat motorverkope in dié land in Januarie met 15,8% teenoor ’n jaar tevore teruggesak het, was die faktor wat gehelp het dat die prys van olie effens gedaal het.
In Suid-Afrika het die Sentrale Energiefonds (SEF) reeds op 14 Februarie aangedui dat brandstofpryse waarskynlik in Maart weens hoër oliepryse gaan styg.
Toe het ruolie nog teen $63,60 per vat verhandel.
Boonop het die rand ook die afgelope maand beduidend verswak.
Waar dit aan die begin van Februarie teen R13,25 teenoor die dollar verhandel het, het dit nou met bykans ’n rand tot R14,07 teenoor die Amerikaanse geldeenheid teruggesak.
Duurder olie wat met ’n swakker rand gekoop moet word, sal noodgedwonge beteken dat die verbruiker meer vir brandstof gaan moet opdok.
Die finale pryse vir Maart word op 1 Maart vasgestel en geld vanaf Woensdag 6 Maart.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie