Slegte weer eis 2 joernaliste in VSA
Slegte weer eis 2 joernaliste in VSA

Slegte weer eis 2 joernaliste in VSA

Twee joernaliste van die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina is dood terwyl hulle berig het oor die gevaarlike weersomstandighede in Polk County, Noord-Carolina, wat indirek veroorsaak is deur die subtropiese storm Alberto.

Mike McCormick, joernalis en anker, en Aaron Smeltzer, fotojoernalis, was besig om die storie te dek toe ’n boom op hul nuusvoertuig geval het.

CNN berig albei mans is dood.

WYFF-TV, die NBC-geaffilieerde stasie in Greenville, Suid-Carolina, het op Twitter gesê hulle treur oor die verlies van twee joernaliste.

Fox 5 News berig Roy Cooper, goewerneur van Noord-Carolina, het gesê die twee het gesterf weens stormverwante toestande.

Geoff Tennant, die brandweerhoof in Tryon, Noord-Carolina, het gesê die voorval het omstreeks 14:30 gebeur. Tennant het gesê die nuuspersoneel het op snelweg 176 bestuur toe die boom op die voertuig geval het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!