Sleutelverdagte in plaasmoord voortvlugtig
Sleutelverdagte in plaasmoord voortvlugtig

Sleutelverdagte in plaasmoord voortvlugtig

Henriette Lamprecht
Dion Haraseb, die hoofverdagte in die beweerde moord van die 71-jarige boer van Usakos, Willem de Klerk in Oktober 2015, is voortvlugtig.
Die 34-jarige Haraseb moes vandag weer in die hoërhof voor regter Christie Liebenberg verskyn, maar het nooit opgedaag nie. Volgens sy staatsprokureur, Ileni Gebhardt, het sy verskeie oproepe na Haraseb se familie gemaak, maar weet niemand waar hy is nie. ’n Dagvaardiging vir sy onmiddellike inhegtenisname is uitgereik en sy borgtog van N$1 000 is voorwaardelik opgeskort.
Haraseb en sy twee medebeskuldigdes, Karel Claasen (23) en sy meisie Zelda Harases staar aanklagte van inbraak met die doel om te steel, diefstal uit ’n voertuig en die besit van vermeende gesteelde goedere in die gesig. Haraseb staar op sy beurt bykomende aanklagte van moord en kwaadwillige beskadiging van eiendom in die gesig. Die drie was almal in wyle De Klerk se diens op sy plaas Villa Rosa. Hy is twee keer met sy eie vuurwapen geskiet wat die drie na bewering uit De Klerk se huis gesteel het. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!