Slick en Watz vrygelaat
Slick, die laaste oliebesmette brilpikkewyn wat in Mei naby Lüderitz gevind is, is weer vrygelaat. Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het 28 pikkewyne by die Mercury-, Ichaboe- en Halifax-eiland opgetel en by hul rehabilitasiesentrum op die dorp gewas en versorg totdat die diere weer sterk genoeg was om vrygelaat te word. Die pikkewyne is met die hand gevoer totdat hul ideale gewig bereik is en hulle weer vrygelaat kon word. Brilpikkewyne is ’n bedreigde spesie en die enigste pikkewynspesie wat op die Afrika-vasteland voorkom. Slick is saam met Watz by Guano-baai naby die Halifax-eiland vrygelaat. Watz is ’n jong pikkewyn wat 'n maand gelede ondervoed en swak in Guano-baai gevind is. Foto J.P. Roux
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie