'Slim vragmotors' verdien hul sout
Walvisbaai-redaksie – Walvis Bay Salt Holdings (WBSH) het in samewerking met Unitrans vier nuwe prestasie-gebaseerde standaard (PBS)-voertuie, of slim vragmotors, in gebruik geneem om sout van sy verwerkingsaanleg suid van Walvisbaai na die hawe te vervoer.
Die nuwe PBS-voertuie is onlangs in gebruik geneem en vyf nuwe vragmotors sal bekend gestel word.
WBSH vervoer elke jaar ongeveer 600 000 ton verwerkte sout na die Walvisbaaise hawe om na verskillende internasionale markte uitgevoer te word.
Die nuwe vloot PBS-voertuie vervang die vorige vloot van 10 vragmotors wat onderling verbind is, wat die daaglikse aantal reise met byna die helfte verminder tot minder as 50. Die aanvanklike idee van die slim vragmotors is in November verlede jaar tydens 'n aandeelhouersvergadering bekend gestel.
Mnr. Andre Snyman, die besturende direkteur van WBSH, het gesê die bekendstelling van die nuwe PBS-voertuie is daarop gemik om veiligheid, innovasie en doeltreffendheid in die vervoerbedryf te bevorder.
“Saam met Unitrans Namibia is ons die eerste onderneming op die vasteland wat hierdie vervoertegnologie aangegryp het; nou bring ons dit na Walvisbaai.”
Die vragmotors is ontwerp en gebou deur AFRIT in Suid-Afrika, 'n BUD Group-sustermaatskappy van WBSH, en spog met 'n lading van 64 ton in vergelyking met die 34 ton van die huidige vragmotors, en is 27 meter lank teenoor die huidige vragmotors se 22 meter.
Afgesien van 'n drastiese afname in die aantal daaglikse ritte, bied die nuwe kantelwa-vragmotors ook ander voordele, waar onder minder belading op die pad, beter draaivermoë, minder vermorsing en hoër stabiliteit.
WBSH het vroeër vanjaar die opgradering van die oppervlak by die kruising van Nangolo Mbumbarylaan en 5de Laan met 'n baksteen-oppervlak as deel van 'n openbare-private-vennootskap met die Walvisbaai-munisipaliteit geborg.
Die soutvragmotordienste word uitgekontrakteer en word nie deur WBSH bestuur nie.
WBSH is deur sy verskillende filiale die grootste seesout-produsent in Afrika suid van die Sahara. Afgesien van sy strategiese ligging met direkte toegang tot die belangrikste internasionale skeepsroetes deur die Walvisbaaise hawe, is die onderneming se fokus op doeltreffendheid van vrag en logistiek 'n sentrale komponent vir sy sukses in Suider-Afrika se mark.
– [email protected]
FOTO
Die vier slim vragmotors wat deur WBSH in gebruik geneem is. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie