Slinkse profeet betaal toe nie terug
’n Slagoffer vertel openhartig hoe sy deur ’n selfverklaarde profeet in Walvisbaai uit N$100 000 geswendel is.
Leandrea Louw op Walvisbaai
’n Sogenaamde profeet van Walvisbaai en ’n medepligtige is tans op Walvisbaai toegesluit nadat hulle glo tussen Augustus en September verlede jaar vyf niksvermoedende vroue ten bedrae van ’n geskatte N$800 000 bedrieg het.
Al twee beskuldigdes, mnre. Kaetanus (Dr Atomic Bomb) Shilimela en Luckas (Shocks) Showa, beide 30 jaar oud, het verlede week voor landdros Vicky Nickolaidis verskyn. Die saak is tot 27 Oktober uitgestel terwyl die ondersoek voortduur.
Die duo is borgtog geweier en die borgtogverhoor is vir 19 Augustus geskeduleer.
’n Ander slagoffer, wat verkies om anoniem te bly, het vertel hoe die sogenaamde profeet haar uit ’n bedrag van N$100 000 geswendel het.
“’n Vriend van die familie het my aan die profeet voorgestel. Ek het in daardie stadium nie aan ’n kerk behoort nie. Hy het dadelik begin besigheid praat. Hy het vertel hy besit ’n maatskappy waarin ek kan aandele koop en my belegging binne ’n paar weke kan terugkry.”
Volgens die slagoffer was sy deel van ’n groep van ses vroue wat die profeet en sy handlanger op ’n daaglikse grondslag ontmoet het.
“Ons sou gesels, saam bid en oor die besigheid praat. Ons is gevra om geld te gee vir vliegtuigkaartjies vir die aandeelhouers in die Kongo en ander lande sodat hulle ’n oog oor die besigheid kon hou. Ons het met plesier die geld gegee omdat hy ons ’n opbrengs op ons belegging belowe het en omdat hy ’n man van God was. Ons het hom vertrou. Ek het hom vertrou.”
Met tye het die slagoffer ook haar voertuig aan die profeet geleen omdat sy geglo het hy was besig met God se werk.
Nie een van die slagoffers het enige dokumente onderteken of bewyse ontvang dat hulle aandeelhouers van die sogenaamde maatskappy was nie.
Elke keer wat hulle die profeet oor hul beleggings uitgevra het, sou hy met ’n verskoning vorendag kom.
“Ná ’n paar maande het ek besef daar gaan niks van hierdie ‘belegging’ kom nie en ek het my prokureur genader. Teen dié tyd het ek al N$100 000 verloor. Ek het hierdie geld uit my spaarrekening onttrek en gedink dit sal ’n goeie geleentheid vir my wees om te belê.”
’n Eisbrief is gevolglik op die profeet bedien wat meld hy moet die slagoffer N$20 000 per maand terugbetaal. “Hy het my vir ongeveer drie maande tussen N$5 000 en N$10 000 terugbetaal en toe opgehou. Sy verskoning was dat Covid-19 hom sonder ’n inkomste gelaat het, aangesien kerkbyeenkomste nie meer kon plaasvind nie. In totaal het hy ongeveer N$30 000 terugbetaal.”
Die slagoffer sê sy het vrede gemaak met die feit dat sy haar geld verloor het.
“Ek het oor situasies soos dié gelees en nooit gedink ek sou die slagoffer wees nie. Hoe kon ek so dom wees? Ek het besef ek het nog steeds ’n dak oor my kop, ’n werk en ’n motor om mee te ry. My hart gaan uit na een van die werklose vroue wat die grootste deel van haar erfenis verloor het. Wat moet sy nou doen?”
‘KONSULTASIES’
Die profeet vra glo N$500 vir individuele konsultasiesessies en gebed.
“Ek het sy kerkdienste een of twee keer bygewoon. As ek nou terugdink, het iets altyd vreemd gevoel. Die mense rondom my sou flou word nadat hy hartstogtelik gebid het. Ek sou net staar en dink, hoekom voel ek nie dieselfde nie? Maar ek het ’n uiters waardevolle les geleer. My hart gaan uit na die ander vroue vir wie hy bedrieg het.”
Die inspekteur van die gemeenskapsake, insp. Illeni Shapumba, het ander wat hul hulpbronne op verdagte maniere of as gevolg van “profete” verloor het, aangemoedig om die polisie te kontak.
“Sodra sake aangemeld word, sal ons begin ondersoek instel. As niemand dit rapporteer nie, spoor jy hierdie profete aan. Hulle is net mense wat ’n ander manier gevind het om mense te besteel. Profete is nie advokate of mense wat namens die volk met God kan praat nie. Profete moet ophou om die publiek te verwar.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie