Sluier dig oor Fishcor-rekenings
Ronelle Rademeyer – Nóg die voorsitter van National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), mnr. Mihe Gaomab II, nóg die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, het gister gereageer op vrae oor die sluiting van Fishcor se bankrekeninge verlede week deur die Sentrum vir Finansiële Intelligensie (FIC).
Minister Leon Jooste van staatsondernemings het die gebeure bevestig en gesê dit hou met valutabeheerregulasies verband.
Die beleërde Fishcor was die episentrum van die Fishrotkorrupsiebom wat in November 2019 gebars en tot die inhegtenisneming van onder andere die vorige raadsvoorsitter, mnr. James Hatuikulipi, en die uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, gelei het.
Die bewering is dat N$75,6 miljoen se omkoopgeld vir viskwotas via Fishcor na verskeie Fishrot-begunstigdes gevloei het. Gaomab II en die ander raadslede, mee. Ruth Herunga, Milka Mungunda en dr. Penny Hiwilepo, is in Oktober deur die bestuur van dié staatsmaatskappy daarvan beskuldig dat Fishcor se Seaflowerfiliale vanweë hul “pligsversuim” kan ondergaan.
Sewe van Fishcor se senior bestuurslede het Gaomab en die ander raadslede vier maande gelede in ’n lang brief versoek om dringend aandag te gee aan die kontantvloeikrisis en ander faktore wat die groep se winsgewendheid onder druk plaas en meebring dat daar nie geld is om salarisse te betaal nie.
Fishcor besit 100% van die aandele in Seaflower Lobster Corporation en 78% in Seaflower WhiteFish Corporation op Lüderitz. Daarbenewens besit Fishcor ook 40% van die aandele in Seaflower Pelagic Processing (SPP) op Walvisbaai.
Die ander vennoot in SPP, African Selection Trust (AST), het intussen met arbitrasieverrigtinge teen Fishcor begin aangesien laasgenoemde na bewering kontrakbreuk gepleeg het deur nie die kwota-ooreenkoms tussen die partye te eerbiedig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie