‘Sluiting’ van Durban-hawe opperste twak – Schüssler
Charné Kemp – Die uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni se uitlating dat die Durbanse hawe gesluit moet word, “is opperste twak”, sê Mike Schüssler, ekonoom van economists.co.za.
Mzwandile Masina, wat ook die ANC se streekvoorsitter is, het op Twitter gesê: “Demokrasie is goed en wel, maar om ten volle onafhanklik van Westerse imperialiste te wees, moet die hawe in Durban gesluit word sodat geen minerale die land kan verlaat nie. Suid-Afrika het 90% van die wêreld se platinum. Sodoende sal internasionale vervaardigers op Suid-Afrika neerdaal.”
Schüssler skud sy kop oor dié stelling.
“Die onderdele van die Landini-trekker waarop Masina op sy Twitter-profiel sit, asook die brandstof wat dit verbruik, en waarskynlik ook die klere wat hy aan het, word ingevoer.
“Wat gaan hy aantrek? Hoe gaan hy leef en eet as lewensmiddele nie ingevoer word nie? Waarmee gaan hy sy kar volmaak, met grond? Watter medisyne gaan hy of sy gesin drink as hulle siek word? Niemand met verstand kan so iets kwytraak nie.
“Heelwat van Transnet se inkomste is afhanklik van die spoorvervoer na die hawe, en die hawe self. Daar is twee raffinaderye in Durban wat werk aan honderde mense verskaf deur ingevoerde olie tot brandstof te verwerk. “Durban se ekonomie steun swaar op die hawe. Hoeveel mense sal sonder werk sit as die hawe gesluit word?
“Daar is daagliks sowat 6 000 vragmotors op die N3-roete tussen Durban en Gauteng, waar hy (Masina) bly en werk. Sy stad se ekonomie is ook afhanklik van in- en uitvoer via Durban. Sal hy almal wat hul werk verloor se salaris betaal as die hawe sluit? Hy maak misdadige stellings, wat beleggers kan afskrik en die ekonomie verder knou.”
Masina het meer as 1 000 kommentare op Twitter gekry, waarin hy meesal gekritiseer word.
Moraka 2nd wa Phooko daag hom uit om die hawe te sluit, en te kyk wie Masina se salaris aan die einde van die maand betaal.
John Baloyi sê indien dit gebeur, sal myne toemaak omdat hul produkte stof in die hawe sal vergaar. Hy dink dit is ’n leuen dat Suid-Afrika 90% van die platinum-bronne het. Hy meen ander lande het tonne daarvan opgehoop.
@joguttu meen dat as die Weste ophou om platinum te koop, sal dit oral en ook in Suid-Afrika waardeloos wees. “Die Weste het die tegnologie ontwikkel om platinum te gebruik, nie Suid-Afrika nie. Dit is hierdie soort stellings wat sosialiste maak om die oningeligte massas te mislei. Dan hardloop hulle na die Weste en bedel geld wanneer daar nie meer kos is nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie