‘Sluiting van sekere kerke geregverdig’
Publiek moet beskerm word
Catherine Sasman - Die voorgestelde sluiting van sekere nuwe kerkbewegings is regverdigbaar en in pas met staatsmaatreëls ter beskerming van die publiek teen menseregtevergrype soos mensehandel en hedendaagse slawerny, sê die uitvoerende direkteur van Namrights, mnr. Phil ya Nangoloh.
Hy vra in 'n regsgeskrif vir " vasberade en gekoördineerde voorkomende en genesende optrede" teen hierdie praktyke deur die staat, burgerlike instellings en plaaslike owerhede soos die Windhoek munisipaliteit, ten einde hierdie misdade teen die mensdom uit te wis.
Hy meen die ministeries van veiligheid en sekuriteit, binnelandse sake en immigrasie en justisie asook die kantoor van die prokureur-generaal, die regbank, teenkorrupsie-kommissie, die kantoor van die ombudsman, prokureursverenigings en agentskappe van die Verenigde Nasies (VN) moet veral by hierdie optrede betrokke wees.
Beperkings op nuwe kerkbewegings is nodig in 'n demokratiese samelewing ter beskerming van openbare veiligheid, gesondheid en moraliteit, asook nasionale sekuriteit, die fundamentele regte en vryhede van ander en die onafhanklikheid, waardigheid en doeltreffendheid van die regbank, voer Ya Nangoloh in sy brief aan.
Hy meen in Windhoek alleen is soveel soos 3 400 slagoffers van hedendaagse slawerny van wie sowat 200 slagoffers van oorgrens-mensehandel is.
" Veronderstel Windhoek het 380 000 inwoners en die Namibiese bevolking beloop 2 303 000, met 'n geraamde 20 900 slawerny-slagoffers, is die per capita-gemiddeld vir die hoofstad 3 400," voer hy aan.
Die meeste van die mensehandelslagoffers, sê hy, is meisies en seuns onder die ouderdom van 18 jaar wat veral uit die suide van Angola kom en meestal Kwanyama, Mbadja, Ngangela, Umbundu, Nkumbi, Zemba en ander soortgelyke tale praat.
Die meeste werk as straatverkopers by informele markte of word as huiswerkers in die noordelike en westelike woonbuurte soos Okahandja Park, Okuryangava, Hakahana, Havana, Goreangab en Otjomuise gebruik.
Volgens hom word honderde ander inwoners in hierdie buurte en informele nedersettings " deur misleiding, dwang of bedrieglike praktyke" by sekere van hierdie nuwe kerkbewegings ingetrek.
" Dikwels is die mensehandelaars en die leiers van hierdie bewegings een en dieselfde mense," sê Ya Nangoloh.
Hy voer aan honderde vroue en kinders word die slagoffers van die " bestuurders" van hierdie kerkbewegings wanneer die " leier-volgeling-verhouding" uitgebuit word.
Mensehandel is volgens hom breedweg die werwing, vervoer, verplasing, aanhouding of die ontvangs van mense deur middel van dreigement, geweld, misleiding, ontvoering, bedrog, magsmisbruik of die uitbuiting van hul kwesbaarheid. Dit beteken ook om geld of voordele te gee of te ontvang met die doel om toestemming te kry om beheer oor 'n ander mens vir uitbuiting te kan uitoefen.
Die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) omskryf moderne of hedendaagse slawerny as alle werk of dienste wat bekom word deur met straf te dreig en sonder dat die persoon sy of haar dienste vrywillig aangebied het. Dit verbied ook beheeruitoefening as gevolg van skuld, slawerny, kinderhuwelike, gedwonge huwelike en kinderarbeid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie