Slypskool loop trauma trompop
Mariselle Stofberg
Die #BreakFree Anti-Violence-veldtog wat deur die One Economy Foundation van stapel gestuur is, het Woensdag hul twee dag lange traumaberading-slypskool in Windhoek afgeskop.
Die slypskool het opleiding aan kerkleiers en ander nooddienswerkers gebied om die gemeenskap by te staan wat worstel met die verlies en trauma wat die Covid-19-pandemie meegebring het.
“Ons kerkleiers is tans onder geweldige druk. Om 20 tot 30 begrafnisse per maand te hanteer, sal sy tol eis, en deur hierdie slypskool hoop ons om ons kerkleiers te bemagtig om ook na hulself te kan omsien,” het dr. Veronica Theron van die kantoor van die presidentsvrou, me. Monica Geingos, gesê.
Theron sê die fokus van die opleiding is om die werklikheid van verlies en dood te verstaan, die kapasiteit van noodpersoneel en diensverskaffers te verhoog en sielkundige dienste en berading meer toeganklik vir noodpersoneel te maak.
KERKLEIERS SE ROL
Die opleiding behels onder meer om kerkleiers te help om 'n persoon wat rou en hul rouproses beter te verstaan, trauma en verlies beter te begryp en uiteindelik die gemeenskap te help op die pad na genesing.
“Ons wil ook hê ons kerkleiers moet besef hulle mag ook hulp vra en ontvang. Hulle hoef nie alles alleen te doen nie, want hulle ervaar self ook verlies en pyn. Ons moet ook na hulle welstand omsien,” het Theron bygevoeg.
Dr. Schalk Botha van die Trauma Healing Network het die opleidingsessies behartig.
“Ons wil ons kerkleiers bemagtig om diegene wat deur pyn en verlies gaan te help, veral met die emosionele en sielkundige impak van Covid-19.
“Die rol wat ons kerkleiers tans speel, is so belangrik vir die welstand van ons gemeenskap, en deur hierdie opleiding kan ons hulle met die nodige vaardighede toerus om dit so doeltreffend as moontlik te kan doen,” het Botha gesê.
“As ons ons kerkleiers met die regte vaardighede toerus, kan hulle hoop gee in tye waar dinge hopeloos lyk. Ons moet nooit die impak van verlies en seer onderskat nie en nooit iemand die indruk gee dat dié gevoelens nie toelaatbaar is nie.
“Die rouproses is deel van ons. Ons as kerkleiers en noodpersoneel kan 'n sleutelrol speel om ander te help,” het Botha gesê.
Die slypskool is deel van die veldtog teen geweld wat deur die One Economy Foundation bedryf word en reeds sedert 2017 jaarliks met kerkleiers vergader deur konferensies en gesprekke.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie