Slypskool vir eggenote
Slypskool vir eggenote

Slypskool vir eggenote

Tanja Bause
Catherine Sasman

Hoofman Frans ‘Migu’ /Goa­goseb en sy ondersteuners in die /Gobanin tradisionele ower­heid dreig met ’n hofgeding as hy nie binne sewe dae as die ware leier van die owerheid erken word nie.
Mnr. Stefanus Gariseb word tans as die leier van die owerheid deur die regering en die nasionale raad van tradisionele owerhede erken, maar /Goa­goseb glo vas dat dit op ’n korrupte manier bewerkstellig is.
Volgens lede van die owerheid wat Dinsdag ’n nuuskonferensie bygewoon het, wag /Goagoseb sedert 2003 om as leier op die raad te dien.
“Ons is gereed om die leierskap onder /Goagoseb oor te neem,” het een van sy ondersteuners gesê.
/Goagoseb het bygevoeg: “Alles het sy eie tyd en dit is nou tyd vir die waarheid. Niemand sal meer toe­gelaat word om ons as slawe in ons eie land te gebruik nie. Ons is kinders van hierdie land en het die reg om voor­dele en bronne van die land te geniet.”
/Goagoseb het ook aangevoer dat “sekere mense” die landswette en regeringskantore misbruik om hom en sy ondersteuners teen te werk en dring aan dat die hoof van die raad van tradisionele owerhede, die Ondongo koning Immanuel Kaulume Elifas, homself oor die /Go­ba­­­nin­leierskapskwessie moet uitspreek.
“Daar is sekere mense in die huis [raad van owerhede] wat teen sekere stamme werk. Ek sal nie geheime bekendmaak nie want dit sal nie goed wees nie. Ek sal sewe dae in vrede wag maar ek sal nie toelaat dat mense in slawerny en armoede, sonder ontwikkeling en bemagtiging, gelos word nie,” het /Goagoseb gesê.
/Goagoseb se strewe na leierskap is ondersteun deur mnr. Adam Mbaisako, ’n raadslid van die Kaikhaben tradisionele gemeenskap en mnr. Emmanuel Muatara, ’n Khomas-streeksekretaris van Swapo se raad van oudstes.
Muatara, wat benadruk het dat hy nie deur die regerende party aangehits in sy openbare ondersteuning van /Goagoseb nie, het gesê dat hy saam met /Goagoseb die land deurkruis het en kan getuig dat laasgenoemde wye ondersteuning van die /Gobanin-gemeenskap het.
“Hy [/Goagoseb] sal die nasie saambring. Swapo wil een huis bou en dit is wat /Goagoseb wil doen. Hy wil ook die Damara-nasie verenig,” het Muatara gesê.
Mbaisako op sy beurt het gesê ­­/Gagoseb word gemarginaliseer oor “­onnodige onderlinge twiste” in ­tradisionele geledere.
“Dit moet aangespreek word sodat /Goagoseb sy mense kan lei,” het Mbaisako bygevoeg.
Volgens /Goagoseb het die hoërhof vroeër reeds in sy guns oor die leier­skapkwessie beslis.
/Goagoseb het in 2012 die Namibia Democratic Movement for Change (NDMC) ontbind en met al dié party se lede by Swapo aangesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!