Slypskool vir groen waterstof gehou

Yandi Du Plessis
Die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur (Sasscal) het vandeesweek 'n virtuele slypskool getiteld “Green Hydrogen Regional Data Validation Workshop” aangebied.

Die doel van die slypskool was om die data wat ingesamel is, deeglik te kontroleer om te verseker of dit voldoen aan die vereistes van die H2Atlas-Africa-projek vir die ­uiteindelike ontwikkeling van die H2Atlas in Suider-Afrika. 'n Tegniese komitee wat uit verskillende ­deskundiges bestaan, sal die versamelde data ­evalueer en geldig ­verklaar voor die atlas vervaardig word.

Die onmiddellike uitkoms van die projek sal 'n interaktiewe atlas wees wat geïdentifiseerde groen waterstof-punte karteer. Die doel van só 'n kaart is om bewysgebaseerde inligting te verskaf vir beleidskeppers, navorsers en potensiële finansierders oor die potensiaal van 'n groen waterstof-ekonomie in die gebied.

Die H2Atlas-projek word deur die Duitse ministerie van onderwys en navorsing gefinansier. Sasscal is die koördinerende vennoot in Suider-Afrika en het as 'n tegniese implementeringsvennoot met die SADC-sentrum vir Hernubare Energie en Kragdoeltreffendheid (SACREEE) saamgewerk. Die projek word in Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Eswatini, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe geïmplementeer .

Lede van die Sasscal-raad, hoëvlak-regeringsamptenare, hoofde van ontwikkelingsagentskappe, besighede en ander relevante belanghebbendes in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het Maandag se openingseremonie bygewoon.



DIE H2ATLAS-AFRICA-PROJEK

Die H2Atlas-Africa-projek is die eerste fase van die Go Green Go Africa Hydrogen-inisiatief van die Duitse ministerie van onderwys en navorsing en Afrika-vennote in Afrika suid van die Sahara om die potensiaal van groen waterstof-produksie uit hernubare energiebronne te ondersoek.

Die projek het ten doel om volhoubare ontwikkeling in Afrika te ondersteun deur middel van 'n lewensvatbare waterstof-ekonomie. Dit het 'n groot potensiaal om Afrika 'n uitvoerder van groen waterstof te maak, en dus meer relevant op die internasionale energiemarkte te maak en om 'n bydrae te lewer tot die stryd teen klimaatsverandering.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!