Slypwerk teen Mali begin

Sokker
Tielman van Lill
Bobby Samaria, hoofafrigter van die Brave Warriors, het gister die name van 40 spelers aangekondig vir wie hy sal opweeg om aanstaande maand teen Mali in twee kwalifiserende wedstryde vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker te speel.

Namibië is in groep A saam met Guinee, Mali en Tsjad geplaas en in 'n hewige stryd gewikkel om na die volgende ronde te vorder. Samaria sê dit is vir die Warriors van kardinale belang om hul agterstand teen Guinee en Mali uit te wis.

“Ons is een punt agter Guinee en Mali, wat beide op vier is. Dit is belangrik om nie net deel te neem nie, maar seker te maak ons wen beide kragmetings. Ons benodig ligapunte en dit is presies waarvoor ons gaan jag,” het hy gesê.

Franco Cosmos, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NFA), sê die NFA het reeds 'n skrywe aan die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) betreffende die veiligheid van die Warriors gerig.

Die voortslepende gewapende konflik tussen noord en suid in Mali is 'n bron van kommer, maar volgens die CAF se antwoord, het Mali se regering die Warriors se veiligheid in die hoofstad, Bamako, gewaarborg.

Virgil Vries, Ananias Gebhardt, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Larry Horaeb, Dynamo Fredericks, Gustav Isaak, Alfeus Handura, Absalom Iimbondi, Issaskar Gurirab en Peter Shalulile het vandeesmaand 'n gelykopuitslag teen Bafana Bafana in 'n vriendskaplike wedstryd in Rustenburg afgedwing.

Petrus Shitembi, aangewys as spankaptein, word deur Peter Shalulile as onderkaptein bygestaan.

Afrigter Samaria het met die insluiting van dié twee, Deon Hotto (Orlando Pirates, RSA), die verdediger Ryan Nyambe van die Engelse klub Blackburn Rovers en sy ander topspelers gewys dat geen steen onaangeroer gelaat word om Namibiese sukses te verseker nie.

Die oefengroep sal tussen 2 en 10 November slyp, waarna Samaria sy finale groep vir Mali sal bekendmaak. Die eerste kragmeting vind op 13 November in Bamako plaas en vier dae later sal die Warriors in die Sam Nujoma-stadion in Katutura sonder enige toeskouers die gasheer wees.



Die oefengroep is:

Doelwagters: Loydt Kazapua, Virgil Vries, Edward Maova, Ratanda Mbazuvara, Jonas Mateus. Verdedigers: Ryan Nyambe, Ananias Gebhardt, Riaan Hanamub, Ivan Kamberipa, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Larry Horaeb, Approcius Petrus, Gregory Aukumeb, Erasmus Ikeinge, Rehabeam Mbango, Brendon Neibeb, Kleophas Nuukushu, Denzil Haoseb. Middelveldspelers: Petrus Shitembi (kaptein), Deon Hotto, Wangu Gome, Dynamo Fredericks, Immanuel Heita, Obrey Omseb, Wendell Rudath, Gustav Isaack, Llewellyn Stanley, Absalom Iimbondi, Marcel Papama, Willy Stephanus, Alfeus Handura, Wesley Katjiteo. Voorspelers: Peter Shalulile, Benson Shilongo, Elmo Kambindu, Hendrik Somaeb, Panduleni Nekundi, Salomon Omseb.

– www.NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!