Slypwerk voor Afcon-reddingspoging
Afgesien van die beseerde Petrus Shitembi het Namibië sy beste beskikbare talent opgeroep om vir die kontinentale skouspel te kwaliseer.
Tielman van Lill – Bobby Samaria, hoofafrigter van die Tafel Lager Brave Warriors, het sy oefengroep vir die komende kwalifiserende wedstryde teen Guinee en Tsjad vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker (Afcon) bekendgemaak.
Benewens die voorspelbare oproepe na die land se topspelers by buitelandse klubs, het Samaria ook drie van die o.20-afrigter James Britz se ysters met insluiting in sy groep van 36 beloon. Die o.20-kaptein Steven Damaseb, Amazing Kandjii en Prins Tjiueza het uitstaande spel by die land se debuut by die Afrika o.20-Nasiesbeker in Mauritanië gelewer.
Britz se jongmanne het met hul vernuf beïndruk en dit was net 'n kwessie van tyd voordat dié uitblinkers ook in die senior oefengroep blootgestel sou word.
Samaria se taak is nou om die beste van die plaaslike Warriors, wat in Januarie met twee nederlae asook 'n gelykoptelling teen Zambië van die CHAN-toernooi in Kameroen teruggekeer het, met die inkomende groeplede van oorsee te harmoniseer.
Namibië speel op 23 Maart 'n wegwedstryd teen Tsjad en op 30 Maart kom Guinee in Windhoek besoek aflê. Die Warriors sal beide hul oorblywende wedstryde moet wen om verby Guinee in die tweede posisie te glip, terwyl Guinee boonop altwee sy kragmetings sal moet verloor.
Dit is dus geen verrassing dat die groot kanonne soos Peter Shalulile (Mamelodi Sundowns) en Deon Hotto (Orlando Pirates), wat beide tans Suid-Afrika se premierliga aan die brand speel, ook vir nasionale diens opgeroep is nie. Uit Europese ligas is manne soos Ryan Nyambe (Engeland), Manfred Starke (Duitsland) en Wangu Gome (Armenië) se klubs ook om vrystelling genader.
Die ou staatmaker in die middelveld, Petrus Shitembi, is die mees opvallende weglating. Samaria het gister verduidelik dat Shitembi in 'n wedstryd vir sy Maleisiese klub Terengganu 'n besering opgedoen het en versoek het om toegelaat te word om op sy rehabilitasie te fokus.
“Ons oefenkamp begin (vandag) en ons wil sien hoe die drie o.20's by die seniors inskakel. As hulle 'n eenheid kan vorm, is dit des te beter vir ons.
“Die spelers wat tans met kontrakte buite die land speel, sal volgende week by ons inskakel. Ons het ná vier wedstryde tans 3 punte, Mali 10, Guinee 8 en Tsjad 1.
“Die botsing teen Tsjad is van kardinale belang vir ons en vir hulle ook. Mali en Guinee hoef net 'n gelykopuitslag te bewerkstellig om hul voorste posisies te behou.
“Ons het die afgelope tyd weens die gebrek aan wedstrydoefening nie goed gevaar nie. Onthou, een wedstryd is vir 'n speler min of meer gelykstaande aan 20 oefensessies. As daar 'n aktiewe premierliga was, sou dit 'n heel ander storie gewees het,” het Samaria gesê.
Die oefengroep:
Doelwagters: Lloydt Kazapua (Cape Umoya), Virgil Vries (Morokka Swallows), Edward Maova (geen klub), Ratanda Mbazuvara (African Stars), Ndisiro Kamaijanda (Black Africa).
Verdedigers: Teberius Lombardt (Zanako), Ryan Nyambe (Blackburn Rovers), Ananias Gebhardt (Baroka), Immanuel Heita (BA), Riaan Hanamub (Chippa United), Ivan Kamberipa (African Stars), Emilio Martin (Black Africa), Amazing Kandjii (Tura Magic), Vitapi Ngaruka (BA), Approcius Petrus (Eleven Arrows), Denzil Haoseb (Polokwane City), Charles Hambira (geen klub).
Middelveldspelers: Deon Hotto (Orlando Pirates), Wangu Gome (Alaskert), Dynamo Fredericks (Highlands Park), Obrey Amseb (African Stars), Wendell Rudath (Black Africa), Absalom Iimbondi (Tigers), Marcel Papama (African Stars), Prins Tjiueza (Blue Waters), Willy Stephanus (Lusaka Dynamos), Alfeus Handura (African Stars), Wesley Katjiteo (geen klub), Manfred Starke (FSV Zwickau), Steven Damaseb (geen klub). Voorspelers: Peter Shalulile (Mamelodi Sundowns), Derl Goagoseb (Black Africa), Elmo Kambindu (Mighty Gunners), Isaskar Gurirab (Life Fighters), Joshlin Kamatuka (Baroka), Salomon Omseb (Tura Magic).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie