Sáám is ons sterker
Dani Booysen - As dié gees dalk nog nie in sekere kringe posgevat het nie, is dit tyd vir almal om hul met die passie waarvoor Namibië wyd en syd bekend is agter die land se span vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan te verenig.
Ons eggo graag hierdie boodskap gister deur mnr. Corrie Mensah, president van die Namibië Rugby-unie (NRU), tydens die amptelike aankondiging van die toergroep in Windhoek.
“Daar is nie meer hulle en ons nie,” het Mensah gesê oor ‘n binnekamerstryd wat reeds verlede jaar opgevlam het. Die “dooiepunt” is volgens Mensah vreedsaam besleg en volgens hom is Namibiese rugby volgens gesante van die wêreldliggaam gesond.
Ou of nuwe struwelinge – eerder as om die land, span en sport eerste te plaas – kan net ons vertoning kortwiek.
Sekere spelers se name verskyn nie op die toerlys nie, maar die groep bestaan uit ‘n goeie kombinasie van ervaring en jeug. Hierdie jong spelers moet die weg vir die toekoms baan.
Ons moet elkeen op die hande dra, insluitende afrigter Phil Davies en die res van die afrigting- en bestuurspan. ‘n Spesiale woord van sterkte aan kaptein Johan Deysel en onderkaptein Tjiuee Uanivi.
Namibië se doelwit bly om minstens een wedstryd by die toernooi te wen. Ons sal dus in die eerste en laaste kragmetings met alles teen onderskeidelik Italië en Kanada moet inklim – en nie slaansakke vir Suid-Afrika en Nieu-Zeeland wees nie.
Maak ons trots!
En stel ‘n voorbeeld en peil wat ons saam vir 2023 kan najaag.
So sê ander
2 September 2019
Maak of breek vir Britse parlement én Boris Johnson
Môre (vandag) is ’n belangrike dag in die geskiedenis van Brittanje en veral die Britse parlement.
Dit is die eerste dag ná die parlement se somerreses én die dag waarop dit duidelik kan word of premier Boris Johnson se klaarblyklike plan om die Europese Unie (EU) sonder ooreenkoms te verlaat, nog gestuit kan word.
In beginsel is die beste opsie om ’n wetsontwerp te aanvaar om die regering te verbied om die EU, soos beplan, op 31 Oktober sonder ooreenkoms te verlaat. Die groot vraag is of daardie wetsontwerp genoeg stemme in die laerhuis sal kry.
Johnson se groot argument is dat hy die uitslag van die referendum in 2016 ten gunste van Brexit wil uitvoer. Dis slegs deels waar, want niémand het destyds ’n chaotiese Brexit sonder ooreenkoms, met al die grootskaalse ontwrigting wat dit behels, in die vooruitsig gestel nie.
Mense het vir ’n ordelike Brexit gestem, iets wat nie meer op die tafel is nie. Bowendien kan ’n mens ’n goeie saak daarvoor uitmaak dat Johnson die Britse demokrasie ondermyn deurdat hy die parlement grotendeels buite spel plaas.
Daarmee wys Johnson dat dit vir hom belangriker is om sy sin te kry as om die demokratiese spelreëls te handhaaf. En dít nogal in wat bekend staan as die moeder van alle parlemente.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie