Sáám, werk
Twee geleenthede wat vandag in Windhoek plaasvind, wys op die belang van gesamentlike optrede om Namibië ‘n beter land vir al sy inwoners te maak.
Hierdie goue beginsel geld vir feitlik alles in die lewe en is eeue oud. Die Harambee-welvaartplan het dit opnuut op die voorgrond geskuif as ‘n anker vir vooruitgang.
By een van die geleenthede sal kenners hul kennis oor die belang van ontwikkelingsvennootskappe tussen die openbare en private sektore (PPP’s) met plaaslike rolspelers deel. Hierdie model van samewerking het al wêreldwyd groot suksesse in onder meer die vervoer- en infrastruktuursektore behaal – en die belang is dat Namibië sulke kontrakte reg moet aanpak.
Dié konferensie word aangebied deur PricewaterhouseCoopers, Standard Bank, die ministerie van finansies en ander vennote, soos die organisasie British Expertise.
Spoed om PPP’s se voordele vir die land te ontsluit, is noodsaaklik.
Op ‘n ander front sal vennote uit die motorhandel- en brandstofbedryf saam met onder meer die Namibiese polisie en borge van die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE) ook met ‘n regstreekse Facebook-uitsending die hande vir padveiligheid opsteek. Nie net tydens die feesseisoen nie, maar daagliks moet die boodskap om die dood van ons paaie te hou vaster aan elke inwoner se oor geknoop word.
Groter betrokkenheid deur onder meer die motorbedryf kan ‘n verskil maak.
Namibia Media Holdings is trots om sy bydrae te lewer deur die ondersteuning van, en daarstel van geleenthede soos hierdie.
So sê ander
23 November 2016
Fedsas se groei spreek boekdele
Die verwoestende #Feesmustfall-veldtog is die sigbare simptoom van die ontwrigting wat die Suid-Afrikaanse onderwyssektor in die rampspoedige 2016 beleef het.
As onderrigplek van die meeste Suid-Afrikaanse skoliere, staan staats- of openbare skole sentraal in die land se onderwysgemeenskap. Van skoolbeheerliggame verg dit ’n kragtoer om die slaggate te vermy.
Die bydrae van ’n instelling soos die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) kan nie onderskat word nie. Dit bemagtig lidskole, Afrikaans en andersins, by wyse van opleiding en bystand in alle aspekte van skoolbestuur, van juridies tot finansieel, en tree ook as bewaker, bemiddelaar en klankbord op.
Die nougesette navolging van beginselgedrewe bestuur bevorder gehalteonderwys en skep ’n omgewing waarin leerlinge alom gedy.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie