Smash It: T20-liga vir skole 'n gulde kans
Smash It: T20-liga vir skole 'n gulde kans

Smash It: T20-liga vir skole 'n gulde kans

'n Nuwe inisiatief is bekendge­stel as 'n platform vir die volgende geslag kriekettalent.
Andrew Poolman
Die Momentum Smash It T20-skoleliga is vanaf môre vir die volgende ses Vrydae die kompetisie waarin spelers van nege skole in die sentrale deel van die land mekaar die stryd aansê.

Krieket Namibië het die liga in die laaste dae bekend gestel as die volgende stadium in die ontwikkeling van die land se jong spelers, ná die sukses van die FNB Kwata-program vir die beginnersvlak.

Volgens die nasionale beheerliggaam bestaan 'n groot aanvraag na krieketgeleenthede dwarsoor die land. Hierdie konsep van Krieket Namibië is bedoel om die gaping te vul om spelers vanaf skolevlak na nasionale vlak te help aanbeweeg.

Uitgesoekte spelers van skole van ander streke word ook in die franchise-spanne ingesluit om sodoende hul ondervinding en samespel met verskillende spanmaats uit te bou.

Elkeen van die vier franchise-spanne sal uit 'n spelersgroep van 20 bestaan. 'n Belowende nasionale speler soos Lo-han Louwrens sal ook in die toernooi in aksie wees.

Steven Berry, Krieket Namibië se ontwikkelingsbestuurder, sê spelers van Grootfontein, Tsumeb, Otjiwarongo, Stampriet en Gobabis was genooi en is in die groepe ingesluit.

“Die kusstreek se krieket vorder tans goed en hul onderlinge kompetisie staan op sy eie bene. Hier stel ons dus spelers van ander plattelandse dorpe bloot met 'n redelik eweredige verspreiding van die krag, sodat daar nie enige voorspelbare wegholuitslae is nie.”

Volgens Berry is hierdie 'n realistiese geleentheid vir spelers om met goeie vertonings 'n plek in die nasionale o.19-groep oop te speel. Namibië het reeds vir die volgende junior Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer wat in Januarie 2018 in Nieu-Seeland beslis word.

Dr. Donovan Zealand, Krieket Namibië se uitvoerende hoof, sê: “Ons is verheug om die Momentum T20 Skoleliga bekend te stel en ons hoop dat dit 'n platform sal bied waar nuwe talent raakgesien kan word. Die wisselwerking met spelers van verskillende streke sal die betrokkenes help om hul begrip en insig op die krieketveld te ontwikkel.

“Ons is ook bly om Momentum as een van Krieket Namibië se vennote te verwelkom. Hul verbintenis om krieket in die land te help verbeter en talent na vore te help bring, maak ons baie opgewonde en ons hoop dat die verhouding elke jaar sterker sal groei.”

Toeskouers word aangemoedig om die wedstryde te ondersteun. Daar sal ook geleenthede wees om van die Namibiese senior nasionale krieketspan te ontmoet.



Week 1, 10 Februarie

14:00 Springbokke tn Impalas by ­CCD-veld

14:00 Wildebeeste tn Gemsbokke by Wanderers-veld

Week 2, 17 Februarie

14:00 Gemsbokke tn Springbokke by WAP-veld

14:00 Wildebeeste tn Impalas by CCD-veld

Week 3, 24 Februarie

14:00 Springbokke tn Wildebeeste by WAP-veld

14:00 Gemsbokke tn Impalas by CCD-veld

Week 4, 3 Maart

14:00 Impalas tn Springbokke by Wanderers-veld

14:00 Gemsbokke tn Wildebeeste by United-veld

Week 5, 10 Maart

14:00 Springbokke tn Gemsbokke by CCD-veld

14:00 Impalas tn Wildebeeste by United-veld

Week 6, 24 Maart

14:00 Wildebeeste tn Springbokke by WAP-veld

14:00 Impalas tn Gemsbokke by Wanderers-veld



Die spelersgroepe:

WILDEBEESTE: Lloyd Mills, Henry Oliver, Mell Theunissen, Karl Jacobie, Panda Tjikuzu, Rhys Craig, Erik Strauss, Renier van der Merwe, Nico Neethling, Nicolaas le Roux, Divan la Cock, Jan-Ivan van Dyk, JC Balt, Gerbrand van Zyl, Ian Grobbelaar, Zander Coetzee, Hein Garbers, Lo-han Louwrens, Louw Steenkamp, Zian van Wyk, Migael McLoud, Martin Kotze, Ramon Wilmot. Spanbestuurder: Rene la Cock.

IMPALAS: Keanu Engelbrecht, ­Jan-Izak de Villiers, Andre Stipp, Janu Dreyer, Marnus Steenkamp, Nathan Fallis, TJ Kruger, Bernard Slabbert, Richard Stears, Bernard Tottemeyer, Armand Schietekat, Alistair Brown, André Siepker, Jaco Grobelaar, Keith du Preez, Ndjipangura Rukoro, SW Janse van Rensburg, De Wet Ferreira, Henco Riekert, Christiaan van der Merwe, Diwan Engelbrecht, Craig MacNally, Joshua Dossayne. Spanbestuurder: Linda Kruger.

GEMSBOKKE: Floris Steenkamp, Eben van Wyk, Gino Fourie, Wian Laubser, Kosi van der Walt, FC Maritz, Sebastiaan Burger, Matthew Mouton, Albert Maartens, Estiaan Jacobs, Janes van Zyl, Dehan Marias, Joey Gille, Heinrich Coetzee, Lean Mostert, Tiaan Brandt, Franco Aucamp, Dewald van Wyk, Steven Delport, Krynauw Weber, Altus Opperman, Alexander Cartwright, Rene Were, Jaden Cloete. Spanbestuurder: Martie Opperman.

SPRINGBOKKE: Dewald Nell, Bruwer Loubser, Michael Laubser, Tjaard van der Walt, Tristan Fallis, Jan-Louis Notje, Charl Hamman, Benjamin Calitz, Kehan van Vuuren, Marco Meuwessen, Jan-Hendrik Potgieter, Louis Viljoen, Albert van der Merwe, Christopher Deck, Hendrik van Zyl, Riaan van Zyl, Franco Opperman, Wiks Tromp, Franco Pearson, Gideon Harmse, Ricus van Staden, Ryan Symonds-Mayes, Xavier van Wyk. Spanbestuurder: Mariaan ­Meuwesen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!