SME-bank: Base se bates gegryp
Die likwidateurs kan nou hul hande op die Namibiese bates van die bankbase lê, wat die SME-bank na bewering besteel het.
Catherine Sasman - Byna twee jaar nadat die bankrot SME Bank ná vermeende grootskaalse plundering van N$347 miljoen sy deure gesluit het, is ‘n bevel gisteroggend in die hoërhof uitgereik om van die geld te probeer herwin.
Die hofbevel is aan die likwidateurs David Bruni en Ian McLaren toegestaan. Hulle kan ingevolge hierdie bevel beslag lê op die bates van ten minste vyf van die voormalige hoë Zimbabwiese bankamptenare wat na bewering by die plundering betrokke was.
Nadat regter Collings Parker die bevel toegestaan het, het adv. Raymond Heathcote, namens die likwidateurs, gevra dat ’n prokureur die bevel op hulle beteken, aangesien hulle “magtig en korrup” is.
Hulle het tot 26 April tyd om dit teen te staan.
Die bedrieërs onder verdenking in dié omvangryke bankplundering het na bewering uit die land gevlug toe dit in Maart 2017 duidelik geword het die Bank of Namibia (BoN) gaan ingryp en die SME Bank oorneem.
Hulle is die voormalige nie-uitvoerende direkteur mnr. Enock Kamushinda, die uitvoerende hoof mnr. Tawanda Mumvuma, die finansiële bestuurder mnr. Joseph Banda, die voormalige administratiewe beampte in die finansiële afdeling, me. Chiedza Goromanzi, en die prokureur mnr. Lyndon Gaidzanwa.
Heathcote sê hoewel dié grootskaalse diefstal by die bank dalk nie ‘n blitsverkoperboek sal oplewer nie, dit beslis gesien kan word as “’n stap-vir-stap gids” van hoe ‘n bank besteel kan word.
KAMUSHINDA
Kamushinda was na bewering die meesterbrein agter die wanbesteding van die SME Bank se geld en word daarvan beskuldig dat hy “aktief aan die verkwisting van geld” deelgeneem het.
Twee van Kamushinda se maatskappye, Crown Finance Corporation (Pty) en Heritage Investment Holdings (Pty) Ltd, was na bewering “duidelik begunstigdes” van die bank se gesteelde geld en moet dit daarom aan die likwidateurs terugbetaal, blyk uit die hofstukke.
Verder het hy na bewering alles in sy vermoë gedoen om die likwidateurs te keer om die vermiste miljoene te ondersoek en word daarvan beskuldig dat hy bedrog gepleeg het toe hy die geld ontvang het.
Crown Finance en Heritage Investments is glo deur Kamushinda vir die bedrog en diefstal ingespan.
Bruni sê in die hofstukke hy is voornemens om stappe te doen om Kamushinda persoonlik vir al die SME Bank se skuld verantwoordelik te hou, tesame met dié twee maatskappye wat hy besit.
Sy bates in Namibië sluit in ‘n beslote korporasie, Monsoon Investments CC, waarvan hy die alleeneienaar is.
Verder besit hy ook 80% van die ledebelang in Mid-Way Properties CC en 80% van Azores Business Consultants CC. Sy vrou, Caroline, besit 20% van die aandele in elk van hierdie beslote korporasies.
Kamushinda het ook agt gewone aandele in elk van die maatskappye Greytal Investment (Pty) Ltd en Axtro Investments (Pty) Ltd en besit 'n huis by die Windhoek Buitekluboord.
Capital Finance en Heritage Investments het volgens die likwidateurs nie meer aktiewe bankrekeninge in Namibië nie. Kamushinda se medebeskuldigdes het ook almal die bankrekeninge wat hulle in Namibië gehad het, gesluit en die likwidateurs vrees dat hulle binnekort van hul bates ontslae sal raak as hulle van hierdie hofaansoek bewus is.
MUMVUMA
Mumvuma het toe hy Namibië verlaat het, na bewering sy sleutels in die regterkantste boonste laai van sy lessenaar in sy kantoor by dié bank gelos.
Hy het glo sy persoonlike besittings in dié laai gebêre en weggesluit.
Dit sluit in drie boeke met die titels Every Day a Friday, Fasting – Opening the Door to a deeper, more intimate, more powerful relationship with God, en Money Laundering affects us all, blyk dit uit die stukke.
Mumvuma het ook N$4 000 se kontant in die laai gelos, waarvan N$1 800 geheimsinnig verdwyn het.
Die likwidateurs het aangedui 'n diefstalsaak vir die vermiste N$1 800 sal aanhangig gemaak word.
BANDA
Die jong Banda is die eienaar van Guinas Court 16 in Windhoek.
GOROMONZI
Goromonzi, wat 'n administratiewe assistent in die finansiële afdeling van hierdie bank, asook Kamushinda se persoonlike assistent was, het vier pare skoene en 'n leergebinde dagboek by haar lessenaar by die bank gelos.
GAIDZANWA
Gaidzanwa, die prokureur wat glo in Kamushinda se besigheid “ingegrawe” was en na bewering ook van die gesteelde geld gekry het, is die enigste aandeelhouer en direkteur van FBL Transport.
Hy is ook die alleeneienaar van Flem Corporation Investments CC.
MEER OORTREDERS ONDERSOEK
Die likwadateurs sê hulle is in die proses om lasbriewe teen ander "oortreders" in Suid-Afrika te kry.
"In hierdie stadium is daar geen moontlikheid van 'n oorverhaling van oortreders nie, aangesien die rente oploop. Oorverhaling is egter ons bedoeling en hierdie kwessie sal mettertyd afgehandel word," het die likwidateurs gesê.
VREES VIR 'INBRAAK'
Hulle sê verder in hul dringende hofbevel 'n "inbraak" by die SME Bank om los items te verwyder, word nie uitgesluit nie.
“Die kanse is groot. Inbrake het reeds in Suid-Afrika plaasgevind,” het hulle gesê.
Die likwidateurs sê indien Kamushinda en die ander betrokkenes by die “reusebedrog en diefstal” toegelaat word om van hul bates in Namibië ontslae te raak, moet die likwidateurs hulle volg waar hulle hulself ookal bevind en opnuut regstappe doen.
Dit sal die likwidasieproses belemmer en die bank benadeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie