SME Bank finaal gelikwideer
In 'n uitspraak wat in 'n oogwink verby was, het regter Hannelie Prinsloo die finale spyker in die SME Bank se doodskis gekap.
Estelle de Bruyn
Die omstrede SME Bank is gister finaal in die hoërhof in Windhoek gelikwideer.
Die uitspraak is deur regter Hannelie Prinsloo gelewer.
Die Bank of Namibia (BoN) het op 1 Maart vanjaar die hoofbestuurder van die SME Bank, mnr. Tawanda Mumvuma, die finansiële bestuurder, mnr. Joseph Banda, en die algemene bestuurder van tesourie en beleggings, mnr. Alec Gore, van hul poste onthef en die bank se direksie van sy magte ontneem.
Regter Prinsloo het op 7 Julie bevind die SME Bank was feitelik en kommersieel bankrot en het beveel die bank moet voorlopig gelikwideer word.
Die saak is etlike kere hierna uitgestel om tegniese regspunte te oorweeg, wat deur mnr. Sisa Namandje, namens twee minderheidsaandeelhouers van die SME Bank, geopper is.
Die twee Zimbabwiese aandeelhouers wat die sekwestrasie van die SME Bank hardnekkig teengestaan het, was Metropolitan Bank of Zimbabwe en Worldeagle Properties.
Die Zimbabwiese aandeelhouers het onder meer aangevoer die BoN het 'n verpligting in terme van die bankinstellingswet om eers alle pogings om die bank aan die gang te hou, in te span, voordat daar om 'n likwidasiebevel aansoek gedoen word.
Mnr. Ipumbu Shimi, die BoN se president, het vroeër in 'n beëdigde verklaring aangevoer die SME Bank ontken nie die wanbestuur van geld nie en erken dít het tot 'n verlies aan vertroue in dié bank as bankinstelling gelei.
Hy sê verder die regering kan nie toelaat dat die situasie voortduur nie en is dus genoodsaak om vir 'n likwidasiebevel te vra om die verkwisting van staatsgeld te stop.
Die BoN het aan die begin van Maart beheer oor die SME Bank geneem en in Julie sy aansoek om likwidasie van die SME Bank by die hoërhof in Windhoek ingedien.
Die BoN se ingryping was as gevolg van sowat N$196 miljoen wat in 'n Suid-Afrikaanse bank, VBS Mutual Bank, en 'n Suid-Afrikaanse maatskappy, Mamepe Capital, belê is.
As gevolg hiervan was dit vir die bank onmoontlik om sy verpligtinge teenoor sy deponeerders en ander kliënte na te kom.
Kort nadat die aanvanklike likwidasiebevel gegee is, is twee likwidateurs, mnre. Ian McLaren en David Bruni, aangestel om beheer van die bank se bates te neem.
McLaren en Bruni het al die SME Bank se takke gesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie