SME Bank: Kamushinda beveg koste-eis
Likwidateurs glo onbehoorlik aangestel
Catherine Sasman - Metropolitan Bank of Zimbabwe (Ltd) en World Eagle Investment (Pty) Ltd. ontken aanspreeklikheid om sekuriteit van N$750 000 te betaal wat deur die likwidateurs van die SME Bank, mnre. David Bruni en Ian McLaren, geëis word.
Bruni en McLaren beweer in hul hofaansoek in die hoërhof dat hulle geregtig is om die koste vir sekuriteit in die veelvuldige hofsake teen die Zimbabwiese maatskappye te eis omdat MetBank en World Eagle buitelandse entiteite is.
Hoërhofregter Herman Oosthuizen het gister die saak tot 16 November uitgestel en beveel die sekuriteit vir koste moet vereffen word.
MetBank en World Eagle is beide aandeelhouers in die gelikwideerde SME Bank van Namibië.
Die Zimbabwiese burger mnr. Enock Kamushinda, 'n direkteur van MetBank en World Eagle, het in die hoërhof aansoek gedoen vir 'n interdik teen Bruni & McLaren om enige van die magte van likwidasie uit te voer en te probeer om hulle te verhinder om enige ondervraging by enige kommissie van ondersoek, in Namibië of elders, teen die twee entiteite voort te sit.
Kamushinda het ook gevra die meester van die hoërhof in Namibië moet sy aanstelling van Bruni en McLaren as voorlopige likwidateurs van die SME Bank hersien en ter syde stel.
AGTERGROND
Kamushinda het aangevoer terwyl 'n hoërhofbevel die SME Bank onder likwidasie geplaas het, het MetBank en World Eagle in die hooggeregshof teen die uitspraak geappelleer.
Die appèlsaak is hangende en sal vandag in die hooggeregshof aangehoor word.
Hy het aangevoer die aanstelling van Bruni en McLaren as voorlopige likwidateurs van die SME Bank is "heeltemal foutief", want die meester van die hoërhof het hulle aangestel sonder die aanbeveling van die Bank of Namibia (BoN), soos volgens die Wet op Bankinstellings van 1998.
Kamushinda het voorts aangevoer Bruni en McLaren het as finale likwidateurs met “onbehoorlike samewerking” van die meester van die hoërhof opgetree.
Hy meen die meester van die hoërhof het ook die magte van die voorlopige likwidateurs onregmatig uitgebrei.
Hy het bygevoeg Bruni en McLaren het nooit tydens ’n algemene vergadering vir aanwysings van die SME Bank se krediteure en lede of bydraers gevra nie.
MetBank en World Eagle het ook die opskorting van 'n kommissie van ondersoek in Suid-Afrika in die SME Bank se verlore mljoene voorgestel, wat in Oktober moet begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie