SME-Bank se likwidateurs sprei vlerke
SME-Bank se likwidateurs sprei vlerke

SME-Bank se likwidateurs sprei vlerke

Hiernaas het hulle daarin geslaag om die hof te oortuig om hulle toe te laat om die nagenoeg 24 000 mense wat N$25 000 of minder in die bank bele het, uit te betaal.
Denver Kisting
Denver Kisting - Mnre. David Bruni en Ian McLaren het Vrydag in die hoërhof in Windhoek daarin geslaag om hul magte as likwidateurs van die beleërde SME-Bank na die buiteland, insluitend Suid-Afrika en Zimbabwe, uit te brei.

Hulle was ook suksesvol om toegelaat te word om 24 000 mense aan wie elkeen N$25 000 of minder verskuldig is en die 390 wat meer as N$25 000 by die bank gedeponeer het, ’n maksimum van N$25 000 terug te betaal.

Die mans het die hof gevra om hulle te bemagtig om enige stappe in dié hof en enige hof in die twee buurlande of enige ander land te neem wat met die afhandeling van die likwadisieproses van die SME-Bank verband hou.

Deel van die suksesvolle aansoek sluit die totstandkoming van 'n kommissie van ondersoek in na die verdwene roerende en onroerende eiendom en geld in buitelandse rekeninge wat aan die bank behoort het. Daarnaas wou hulle ook die mag hê om ‘n eis teen ‘n buitelandse skuldenaar van die bank in te stel.

Die aansoekers – Bruni en McLaren – het ook daarin geslaag om toegelaat te word om om erkenning aansoek te doen om as likwidateurs in die buiteland op te tree, sou daardie lande sodanige aanvullende aansoek vereis.

Dié bank, wat sedert sy ontstaan in omstredenheid gehul is, is verlede jaar insolvent verklaar waartydens Bruni en McLaren as likwidateurs aangewys is.

Dít volg ondanks die feit dat die Bank of Namibia (BoN) se aansoek om likwidasie deur twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers, die Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle Properties, teengestaan is.

Die sentrale bank het in Maart verlede jaar beheer oor die bank geneem en die bank se direksie summier in die pad gesteek. Honderde werknemers is weens die sluiting van die SME-Bank hul werk kwyt.

Luidens die BoN-president, mnr. Ipumbu Shiimi, was hul aansoek genoodsaak deur beleggings van nagenoeg N$175 miljoen wat onder beweerde twyfelagtige omstandighede in naburige Suid-Afrika gemaak is en waarskynlik nooit opgespoor sou word nie.

Aan die einde van Maart verlede jaar het die bank se bates na raming op N$998 miljoen gestaan terwyl die laste toe ongeveer N$1,16 miljard beloop het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!