SME Bank: Summiere vonnis teen Kahunda
SME Bank: Summiere vonnis teen Kahunda

SME Bank: Summiere vonnis teen Kahunda

Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die aansoek deur die likwidateurs van die SME Bank om ’n summiere vonnis teen me. Beatrice Kahunda, dié bank se voormalige hoof van uitvoerende bankwese, is gister in die hoërhof deur regter Hannelie Prinsloo in Windhoek toegestaan.

Kahunda het in Oktober 2015 sowat N$300 000 van die SME Bank ontvang. Die geld is deur Asset Management Financial Services (AMFS) - wat na bewering as ’n kanaal vir die SME Bank se gesteelde fondse gedien het – elektronies aan Kahunda oorbetaal.

Volgens die regter se bevel moet Kahunda N$300 000 met rente aan die SME Bank terugbetaal, asook die regskostes.

Kahunda kon nie die hof oortuig dat sy 'n volledige en bona fide verweer teen die likwidateurs se eis het nie.

Mnre. David Bruni en Ian McLaren is die SME Bank se likwidateurs.

Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer