SME Bank: Werknemers ruk op
SME Bank: Werknemers ruk op

SME Bank: Werknemers ruk op

Augetto Graig
Voormalige werknemers van die SME Bank, wat tans gelikwideer word, het vanoggend aan ’n protesoptog na die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling deelgeneem.

Dié werknemers meen die regering het hulle afgeskeep en van hulle vergeet ná die bank nege maande gelede gesluit is.

Die SME Bank het ? vennootskap tussen Namibië en Zimbabwe behels en werksaamhede is weens vermiste geld gestaak.

Werknemers sê hulle is sedert die sluiting van die bank werkloos en sonder inkomste.

Die groep eis dat die regering teen 28 Mei op hul versoeke reageer, en dreig met maandelikse optogte indien dit nie gebeur nie.

Die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Gabriel Sinimbo, het die groep se versoekskrif ontvang.

? Tweede versoekskrif namens Namibiërs wat geld in die bank belê het, is ook oorhandig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!