SME Bank: Zim moet sê
Catherine Sasman – Die Zimbabwiërs mnr. Enock Kamushinda en ander topbeamptes deel van die SME Bank het tot 14 Junie om te sê waarom die adjunkbalju van die hoërhof nie op sekere van hul bates in Namibië beslag moet lê nie.
Hoërhofregter Collins Parker het op 4 Maart ‘n beslagleggingsbevel uitgereik dat beslag gelê kan word op bates wat die voormalige nie-uitvoerende raadslid Kamushinda, die voormalige uitvoerende hoof, mnr. Tawanda Mumvuma, die voormalige finansiële bestuurder, mnr. Joseph Banda, die voormalige administratiewe assistent, mnr. Chiedza Goromonzi, en die prokureur mnr. Lyndon Gaidzanwa in die land agtergelaat het.
Die vyf Zimbabwiërs word gesamentlik en afsonderlik en “tesame met enige ander oortreders” vir N$347 miljoen plus 20% per jaar gedagvaar en wat vir die SME Bank verlore is.
Die bates sluit in Kamushimba se lidmaatskap in Monsoon Investments CC, Mid-Way Properties CC en Azores Business Consultants CC, sowel as sy gewone aandele in Greytal Investments (Pty) Ltd en Axtro Investments (Pty) Ltd.
Dit sluit ook in Kamushinda se huis in die Windhoek Golf Estate, Banda se eiendom in Guinas Court, vier pare skoene en ‘n leergebinde dagboek wat Gaidzanwa in haar kantoor by die SME Bank agtergelaat het, N$2 200 en drie boeke wat op Mumvuma se lessenaar by die bank gevind is, sowel as Gaidzanwa se lidmaatskap in Flem Capital Investments CC.
Die N$2 200 wat in Mumvuma se lessenaar gevind is, was kontant in Suid-Afrikaanse rand. Die drie boeke se titels is Every day a Friday, Fasting – Opening the Door to a Deeper, More Intimate, More Powerful Relationship with God en Money Laundering affects Us All.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie