SME-personeel ruk op
'Ons is verbaas en geskok dat die regering gewag het tot N$200 miljoen verduister is voor hulle iets gedoen het.'
Maria Eiseb - Sowat 200 ontevrede personeellede van die SME Bank het Dinsdag ’n optog in die hoofstad gehou.
Me. Asnath Zamueeie, hoofsekretaris van die Unie vir Namibiese Finansiële Instellings (Nafinu), het ’n petisie voorgelees en aan mnr. Gabriel Sinimbo, permanente sekretaris van die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, oorhandig.
Op van die plakkate waarmee betoog is, het geskryf gestaan dat die regering Namibiese werkers in ag moet neem en hulle nie soos buitelanders moet behandel nie. Volgens die petisie voel die personeel teleurgestel in en verraai deur die regering wat volgens hulle besluite geneem het sonder om werkers in ag te neem.
Die groep glo hulle is slagoffers daarvan dat Zimbabwiërs "dinge kom opmors het en nou terug na hul land is".
“Hoekom is die Zimbabwiërs belangriker vir ons regering as ons?” wou hulle weet.
Hulle het voorts gesê die Bank of Namibia (BoN) het hulle verraai en valse hoop gegee deur hulle te verseker niemand sal hul werk verloor nie.
Volgens die petisie het personeel die regering en die BoN deur middel van Nafinu sedert 2014 reeds gewaarsku oor die blatante wanbestuur by die bank, "maar dit het op dowe ore geval".
"Ons het die minsiterie van binnelandse sake en immigrasie ingelig oor hoe die Zimbabwiërs hul werkpermitte gekry het en hoe dit hernu is," het hulle gesê.
“En nou moet ons die gelag betaal omdat die regering die situasie met buitelanders nie hanteer nie.
“Ongelukkig kan ons nie Zimbabwe toe gaan en werk daar gaan kry nie," het hulle gesê.
Dié wat gegaan het, is volgens die petisie by Metbank in hul land aangestel, "terwyl ons hier moet swaarkry".
“Dit is vir ons duidelik dat die regering wegskram daarvan om diegene verantwoordelik vir die bestuur van die publiek se geld aan te vat."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie