Smit: Sioka het gefaal
Jemima Beukes
Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en kinderwelsyn, tans bestuur deur me. Doreen Sioka, is volgens mnr. Nico Smit van die Popular Democratic Movement (PDM) 'n “verkwisting van hulpbronne”.
Smit het in die Nasionale Vergadering aangevoer 'n ander ministerie kan die werk doen.
Hy het die parlement versoek om dringend die lot van kinders in die land te bespreek. Kinders bly volgens Smit blootgestel aan growwe seksuele vergrype, armoede en die skending van ander, basiese menseregte.
'n Organisatoriese verandering is volgens Smit die enigste oplossing.
Hy het ook geëis dat die name van onderwysers openbaar gemaak moet word wat kinders misbruik.
“Daar was geen werklike optrede om om te sien na die kinders wat onder brûe leef en op straathoeke bedel of die minderjariges in tronkselle nie,” het Smit aangevoer. “Hulle (die ministerie) het 'n hele begroting, maar niks word gedoen nie. In stede daarvan ly kinders maar net.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie