Smith 'huil dae lank' oor balpeutery
Krieket
Steve Smith, voormalige kaptein van Australië se krieketspan, sê hy het vier dae lank oor die balpeuter-skandaal in Suid-Afrika in Maart gehuil.
Krieket Australië (KA) het Smith en die voormalige onderkaptein David Warner vir 12 maande geskors nadat hulle erken het dat hulle in die derde toets teen die Proteas in Kaapstad beplan het om die toestand van die bal te verander.
Die duo is boonop hul leiersrolle kwyt en is huis toe gestuur. Met sy aankoms in Sydney het 'n emosionele Smith in trane om verskoning
gevra.
“Om eerlik te wees, was ek waarskynlik vier dae lank in trane,” het hy volgens die Sydney Morning Herald aan 'n groep skoolkinders gesê.
“Ek het emosioneel regtig gesukkel, maar ek was baie gelukkig om hegte vriende en familielede te hê met wie ek enige tyd van die dag of nag kon gesels.
“Die mense wat my in hierdie proses gesteun het, het werklik 'n groot verskil gemaak aan waar ek my nou in my kop bevind.”
Smith en Warner sal later vandeesmaand aan Kanada se T20-toernooi deelneem.
Warner sal vir die Winnipeg Hawks in aksie wees in die toernooi wat van 28 Junie tot 15 Julie beslis sal word.
Smith sal vir die Toronto Nationals speel.
Buiten vir Warner en Smith sal verskeie hoëprofielspelers soos Shahid Afridi van Pakistan, Lasith Malinga van Sri Lanka en Chris Gayle, Andre Russell, Sunil Narine, Darren Sammy en Dwayne Bravo van die Wes-Indiese Eilande ook in Kanada in aksie wees.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie