SMN: Laat hulle koek eet
Lekker eet die politici oor die naweek aan ’n koek met kleurvolle soet versiersuiker spesiaal vir Namibië se heersende party om 60 jaar te herdenk.
Daarmee saam wonder ek wat het geword van aanspreeklikheid?
Ek het op 14 Maart my verjaardag gevier. Almal het lekker gekekkel om koek en koffie toe die boodskap kom. Namibië het sy eerste coronageval. Onmiddellik is daar ’n demper op my partytjie. Almal het skielik baie vrae. Vrae wat ek op daardie stadium nie kon beantwoord nie en dit voel kompleet of ek ’n mediakonferensie op hande het, maar al die vrae word aan my gerig.
Kort voor lank moet die kerke hulle deure sluit. Skole is daar en dan tot verdere kennisgewing toegemaak. Ons mag nie meer as 50 mense op ’n slag saam wees nie.
Nietemin gaan die politici voort met die inhuldiging van die president. Dit ná gesê is dit sal afgestel word. ’n Verbod op reis was ook onmiddellik van krag, veral vir regeringsamptenare, met talle Afrikalande wat volg. Maar ná die inhuldiging word Afrikaleiers bedank dat hulle “hul lewens gewaag het om hierdie geleentheid by te woon”.
Teen die einde van die maand is ons almal gehok, die skole en die kerke bly toe en jy staan in ’n ry om brood en melk te koop.
Die hoktyd word uitgestel omdat sommiges nie luister nie (seker maar as gevolg van die voorbeeld wat gestel word) en almal sug swaarder, want die bier wat vooruit gekoop is, gaan nie tot Meimaand hou nie.
Baie dinge gebeur in ’n kort tydjie. Inwoners kry kosskenkings van die private sektor. Die munisipaliteit maak die krane oop al skuld die verbruikers miljoene dollar.
Mense staan vir ure in ’n ry om aanspraak te maak op ’n eenmalige N$750 en al wat ‘n naaldwerkster is maak maskers.
Die naweek se partytjie was die spreekwoordelike cherry op die koek. Sosiale media gons van ongeloof en woede oor die glimlaggende gesigte en handdrukke op die foto‘s. Sosiale distansiëring is ’n vergete opdrag. Niemand kan vasstel hoeveel mense by die joligheid was nie, maar ek mag nie eers by my buurman gaan braai nie.
In die winkels raak die voorraad min en vraag en aanbod is besig om verskuiwings te maak.
Maar buite die mure van die parlement, moes ander hulle 60ste verjaardagpartytjies uitstel of kanselleer. Ander moes alleen hul man begrawe. Talle moes met onsekerheid vir die eerste keer mammas word, terwyl besoektye tot een persoon beperk is.
Ander weet nie waar hulle vanaand pap vir hul kinders gaan kry nie, terwyl die groter meerderheid wonder of hulle ’n salaris gaan kry, of erger nog, hoe hulle hul werknemers gaan betaal terwyl daar geen geld inkom nie.
Terwyl klein besighede hul kliënte verloor en ander permanent hul deure moet sluit, slaap sommiges tog vanaand gerus, want gelukkig is daar nog koek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie