SMN: Slat corona op die kop met boererate en liefde
Catherine Sasman - Ja, dit is soos my kollega gesê het: wie sou kon dink dat dié jaar só sou afskop! Alles wat ‘n paar weke gelede die alledaagse was, kan eenvoudig net nie meer so wees nie. Ons moet alles oordink, heroorweeg, en nuwe – en hopelik beter – maniere vind om dinge te doen.
Beter steeds, wie weet waar alles gaan eindig? Hoe gaan ons uit die coronavirus-krisis uitkom? Hoe gaan die wêreld daarna lyk? Hoe gaan ons as mensdom wees en waar gaan ons weer van nuuts begin? Ons bestaan is van nuuts af absurd en onseker.
Samesweringsteorieë – en daarvan is daar baie - help net mooi niks nie.
Daar is gerugte dat China die virus in ‘n laboratorium geskep het en opsetlik die wêreld ingestuur het as ‘n onvergeeflike en gewetenlose biologiese oorlogvoering met ‘n arrogante en verregaande visier op wêreldoorheersing.
Nóg ‘n bespiegeling is dat Chinese spioene die virus uit ‘n Kanadese laboratorium ‘gesteel’ het, China toe gevat, en dit gemilitariseer het.
Kan enigiemand vir China glo as dit beweer dat die Amerikaanse weermag die virus op China gestort het?
Wat gaan die politieke en ekonomiese uitval oor die hele affêre wees?
Baie voorspel ‘n ongeëwenaarde geopolitiese verskuiwing wat niemand, nie eens China, kon voorspel nie. Dié verskuiwing is blykbaar erg regs, of erg links, en niks tussenin nie.
En tussenin al die samesweringe, verskuiwings, en vinnige onvoorspelbare verwikkelinge, sit die mensdom, met eenvoudig net nie genoeg inligting en ondersteuning om bemagtig te voel en op te tree nie.
Niemand weet genoeg van die virus nie. Niemand weet hoe om dit hok te slaan nie. Niemand weet tot waar en wanneer ons in die donkerte gaan rondskarrel vir ingeligte en nuttige optrede nie.
En net daar, in daai gleuf van onduidelikheid en onkunde, kruip ‘n kwaksalvery uit duisend-en-tien hoekies uit en ondergaan ‘n metamorfose van ongekende proporsies.
Met nie veel as ‘n verkoue medisyne wat virus-draers hier verskaf word nie, word allerhande boererate as die heilige evangelie uitgeruil.
Soos, plaas gekneusde knoffel en brandrissies in kookwater, laat dit trek en afkoel vir 15 minute, drink, en siedaar! Of suurlemoen en kruie (watter weet ek nie!)
‘n Ander resep – glo uit Israel waar geen sterftes tot dusver aangeskryf is nie – is om ‘n daaglikse warm tee te maak uit suurlemoenskyfies en koeksoda. Werk glo soos ‘n bom, veral as jy dit elke aand drink, word dit verklaar. Maak glo die virus daar en dan vrek en spoel dit uit die liggaam. Finish en klaar.
‘n Ander wat skynbaar traksie onder die mediese gemeenskap kry, is antimalaria-medisyne. Dís glo een van Trump se troefkaarte.
Die mees bisarre raad wat ek tot dusver raakgeloop het, en moontlik die een waarvan ek die meeste hou, is ‘gee ‘n boom ‘n drukkie’.
Dit werk só: Beveg die paniek wat die wêreld verstik deur jou gunstelingboom elke dag ‘n drukkie te gee met dankbaarheid en liefde in jou hart. Die boom is in kommunikasie met alle ander bome en alle lewe op aarde deur sy wortelstelsel en sal die dankbaarheid en liefde deurstuur. Sodoende betrek jy die beskerming van miljarde ander mikrospesies. Gaan terug na die natuur!
Vir corona stuur jy alle liefde en groete, en binne twee weke sal corona self die trekpas vat.
Hoe dit ook al sy, vir eens, dink ek, voel die doomsday preppers heel in hul noppies oor hul oordeelsdag-voorbereidings. C'est la vie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie