SMN: Waarheen draf almal?
Covid-19 het sonder twyfel die wêreld op sy kop gedraai. Alles en almal is onseker, bang, verward, kwaad, geïrriteerd en sommer ’n warboel van ander emosies. Dit is so maklik om vasgevang te raak in die negatiwiteit en alles wat verkeerd is. Ek verkies egter om die snaaksigheid in die lewe raak te sien. Hier is ’n paar nuwe tendense wat kop uit steek in hierdie lockdown, want almal het hul eie manier van stres hanteer, en ek voel dit sal ’n sonde wees as mens dit nie deel nie.
Die eerste gier wat so duidelik soos daglig is, is die oefen- en drafgier. Iemand êrens het besluit jy moet hierdie tyd gebruik om aktief te wees, al beteken dit jy draf 42 kilometer rondom jou huis. Johan, wat nie eers meer weet hoe sy tekkies lyk nie, is ewe skielik die grootste marathondrawwer wat jy ooit sal sien. Almal wat almal is, het begin draf. Jonk, oud, fiks, onfiks en sommer almal tussen in het besluit dit is die ideale tyd om te begin oefen. Net omdat almal draf en jy ’n rede soek om uit jou huis te kom, beteken dit nie jy moet nou skielik drie keer per dag gaan ‘draf’ en eintlik die tyd gebruik om met jou buurman te gesels oor die drank wat op is nie.
Sodra jy vir mense sê hulle mag nie uit die huis uit nie, sal Susan wat nie eers weet wat stap of draf is nie, nou skielik wil draf. Sy maak dit skaars tot by die hek uit so uitasem is sy, die krampe vreet haar op soos sy probeer tekkies aantrek en die miltsteek is iets verskriklik soos sy die hek probeer oopmaak, maar draf/stap/kruip gaan sy beslis, want in die huis wil sy nie wees nie.
Mense is opsoek na honde wat hulle kan huur, net sodat hulle ’n geldige rede het om by die huis uit te kom. Die arme labrador is behoorlik gatvol vir hierdie gestappery, maar Hendrik voel drie maal per dag se stap is nog nie genoeg nie.
Die volgende gier, en die hemel alleen weet waar hy vandaan kom, is die eieruitdaging. Een of ander individu het êrens besluit om hierdie uitdaging te begin waar jy ’n rou eier drink, bietjie suiker eet en dit dan afspoel met die drank van jou keuse. Hieroor het ek meer vrae as my vrae op skool tydens algebra (wat eintlik alge-braak is as jy my vra).
Eerstens: Waar kry jy nog drank? Hoe is jy by week 305 van hierdie lockdown en jy het steeds drank (vra ek doodonskuldig vir ’n vriend)?
Tweedens: Hoekom? Hoekom eiers en hoekom dit rou drink? Enige iemand wat al skottelgoed gewas het na mamma se lekker spek- en-eierontbyt sal weet daar is geen reuk wat klou aan skottelgoed soos eier nie. Die glas, eetgerei, bord, wasbak en jou hande ruik soos eier. Selfs die hond wat net in die kombuis gestaan het, begin soos eier ruik. Nou wil jy, terwyl jy by jou volle bewussyn is en sonder dat iemand jou dwing, ’n rou eier by jou keel afgooi?
Ek kyk net daarna dan is ek klaar naar. Nou gooi jy daai glibberige eier in jou keel af, en dié besluit hy draai terug, dan doen jy nou wat? Dit bly egter jou keuse wat jy wil doen om hierdie lockdown deur te maak. As jy jouself hierdeur wil eet, dan doen jy dit. As jy wil lees, dan lees jy. Slaap, sing, dans, speel bordspeletjies, oefen in jou sitkamer en doen net wat jou hart begeer om die tyd verby te kry.
Onthou net een ding: Jy hoef nie bonatuurlike dinge te probeer vermag nie. Jy hoef nie te voel jy moet 30 kilogram afskud en jou hele huis uitverf nie.
Pas jouself op, doen jou joga en draf as dit jou gelukkig maak (al draf jy net yskas toe en terug), maar onthou jy moet in alles wat jy doen seker maak jy gehoorsaam die reëls van die lockdown. Deur jouself op te pas, doen jy jou deel in die geveg teen Covid-19.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie