Smokie toer binnekort in SA
Plaaslike aanhangers van die Britse popgroep Smokie wat hul onlangse optrede in Namibië gemis het, kan hulle binnekort weer in Suid-Afrika sien.
Die groep is deur Lefra Produksies genooi en sal as deel van hul “Anthology World Tour” drie konserte in Suid-Afrika aanbied.
Op Vrydag 9 Oktober om 20:00 tree hulle by die LiquiFruit Amfiteater in Paarl op, gevolg deur ’n optrede op Saterdag 10 Oktober in die Carnival City Big Top Arena in Brakpan. Hul laaste konsert word op Sondag 11 Oktober om 18:00 ook by Carnival City aangebied.
Tydens die toer vier hulle 40 suksesvolle jare in die vermaaklikheidsbedryf en spog hulle met treffers waaronder “Living Next Door to Alice”, “Lay Back in the Arms of Someone”, “Mexican Girl”, “For a Few Dollars”, “Needles and Pins” asook “If You Think You Know How to Love Me”.
Smokie is van die gewildste musiekgroepe in die wêreld en het onlangs by die Haapsalon-kasteel in Estland voor 50 000 mense opgetree.
Tydens die Anthology World Tour besoek hulle ook Moskou, Swede, Engeland, Duitsland, Ierland, Oostenryk, Noorweë, Spanje, Denemarke, Groenland, Skandinawië en Australië.
Die konsert is splinternuut. Terry Uttley, stigterslid van die groep, het gesê hulle is baie opgewonde om ook in Suid-Afrika op te tree.
“Ons sal iets doen wat nog ons nog nooit tevore gedoen het nie – ons begin met 45 minute waartydens ons van die treffers akoesties sing. Daarna sal ons ’n pouse hê en daarna ’n regte rockkonsert aanbied – soos ons nog al die jare doen.”
Terry het ook gesê Suid-Afrika is een van hul gunsteling lande om te besoek. “Dit was nog altyd ’n wonderlike ervaring om Suid-Afrika te besoek. Die mense hou van ons musiek en ’n mens kry so ’n warm gevoel as jy soveel steun geniet.”
Tydens Smokie se vorige besoek aan Suid-Afrika is al hul konserte uitverkoop en moes bykomende konserte gereël word.
Belangstellendes kan by Computicket bespreek en kaartjies koop (skakel +27 861 915 8000 of besoek www.computicket.com). Groepe kan spesiale pryse kry deur vir Monica Booysen te skakel (+2711 815 3000 of stuur ’n e-pos na [email protected]).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie