Smokkelary met brandstof teister die noorde – Kawana
Misdaad
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, sê goedkoop brandstof wat uit Angola ingesmokkel word, is 'n groot kopseer vir die Namibiese polisie vanweë die uitwerking op die noordelike streke se ekonomie.
Kawana het dié opmerkings gemaak by die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) se pakhuis in Oshakati, waar die polisie op onwettige houers brandstof beslag gelê het.
In die Oshanastreek is beslag gelê op 141 houers wat elk 25 liter brandstof bevat. Uit dié 141 brandstofhouers is 11 in Ondangwa gekonfiskeer, en 130 in Oshakati. In die Omusatistreek is 38 20-literhouers petrol ontdek wat onwettig uit Angola ingesmokkel is.
Kawana het gesê diegene wat brandstof uit Angola inbring, koop dit teen N$3 per liter, in vergelyking met N$14 per liter wat motoriste by vulstasies in Namibië sou betaal.
Hy het die stelling van die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, beaam dat dit baie moeilik is om onwettige grenshandel te beheer. Alweendo het vroeër vandeesmaand die grenspos tussen Angola en Namibië by Oshikango besoek en kommer uitgespreek oor die onwettige handel in brandstof in dié kiesafdeling, wat as 'n ernstige misdaad beskou kan word.
“Daar sal altyd uitdagings wees. Die lang grenslyn maak dit maklik vir mense om dit enige plek oor te steek,” het Kawana gesê.
Ons susterkoerant Namibian Sun het vroeër vanjaar die grensdorp besoek en ontdek die brandstofsmokkelaars verkoop hul 5-literhouers teen N$50 of N$60 aan die plaaslike inwoners. Die meerderheid van hul kliënte is taxidrywers.
Namibië se polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het by dieselfde geleentheid gesê die onwettige handel hou 'n ernstige bedreiging vir wettige brandstofverkopers in, aangesien hulle hul kliënte in die noordelike streke verloor.
Ndeitunga het gesê vanweë die smokkelary moes sommige werkgewers noodgedwonge werkers afdank as gevolg van die inkomsteverliese wat gely is.
“Onwettige brandstof het 'n negatiewe impak op die ekonomie, aangesien die betrokke individue onder meer belasting ontduik,” het hy gesê.
Ndeitunga het gesê dis tans 'n uitdaging om gesmokkelde brandstof in die land te beheer omdat mense van nie-amptelike toegangspunte gebruik maak. Boonop word van die voertuie wat hervul moet word in die bosse weggesteek.
Hy het 'n beroep op die NamRA-amptenare gedoen om deurentyd met die polisie te kommunikeer sodat hulle die onwettige grenshandel kan vasvat.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie