SMS vir 31 Januarie 2020
SMS vir 31 Januarie 2020

SMS vir 31 Januarie 2020

". . . tot die krisis ons tref . . ."
Mandy Rittmann
Die coronavirus. Myns insiens is dit nie 'n bangmaakstorie die nie en verdien dus aandag. Dit is ook nie xenofobies om Chinese onder kwarantyn te plaas nie. Dis in belang van Namibiese burgers se gesondheid, of sal ons nou eers weer wag tot die krisis ons tref voor iets gebeur? Baie lande het al vlugte na China gestop. Mense vanuit China moet vir minstens 3 weke onder kwarantyn geplaas word of vlugte vanaf China moet vir 6 weke op die ys geplaas word. As daar bek-en-klouseer in China of hier uitbreek, word diere-uitvoere gestop. Is menselewens nie meer werd as diere nie?



Berig oor Hardap se lae damvlak. Hoekom is daar nie genoem nie dat NamWater medeaandadig is? Verlede jaar is miljoene kubieke meter uitgelaat om die Neckartaldam te voed, maar niks het by die dam uitgekom nie. Wie was verantwoordelik vir hierdie sinnelose besluit? Die skema sou nog vir 1 tot 2 maande water gehad het. Dit is 'n skande!



Hardapdam. Ek wil nou nie soos 'n ongelowige klink nie, maar ons regering is daarvoor bekend om eers in 'n krisis in te gaan en dan te beplan. Vooraf beplanning is 'n rare verskynsel in Namibië, want daar is nooit geld nie. Hoop net NamWater begin geld spaar om boorgate rondom Mariental te boor. Oorweeg dit ook om die dam se water tot 80% op te stoot as dit weer reën.



Mariental-gemeenskap moet sonder 3,5 miljard liter water oorleef. 3,5 miljard liter water wat uitgelaat is sonder dat aan die gevolge daarvan in erge droogte gedink is! Wie moet verantwoordelik gehou word? Die huidige regering sal moet pa staan.



Die rubriek oor onderwys is inderdaad verfrissend. Hierdie Donderdag was 'n goeie beligting van die mite van gratis onderwys. Enige ouer wat sukkel om by te bly, moet dit lees om 'n beter begrip van ons stelsels te kweek. Jeugdige ouers, deur dit te lees kan julle net julle kinders sodoende beter aan die hande vat. Dalk sal julle daardeur die res van "Praat saam" ook geniet, wat 'n mens se dag kan maak. Baie lekker leesstof. Van nuuskierige agie.



Wanneer gaan dit stop? Onskuldige, weerlose kindertjies word vermoor. Daardie kindertjies het mos nie gevra om daar te wees nie. Is dit enigsins regverdig teenoor hulle? Leer by ander lande waar daar wet en orde is. Bring die doodstraf terug, of moet ons vrede maak met die siek samelewing? Is dit maar net okay om elke keer te hoor van sulke gruweldade? Dit word net erger. ­Tronkstraf skrik niemand af nie, anders sou sulke dade nie toeneem nie.



Wonder maar net hoe lank die berrieplaas in die Kavango het om die geld wat geleen is by GIPF, ons pensioengeld, terug te betaal?



Wil nuwe bakkie koop. Wie gee uitstekende diens met dienste?



I would like to know if the Crowd 1 scheme is legal as we get pestered with mails to join. You have to join and pay N$1 800-00 and recruit 2 persons under you and they have to do the same, everyone paying the amount. In the end, as your group gets bigger you get payed dividends which may be put over in cash. It's apparently world wide acknowledged. Is this legal? What does Bank of Namibia say about this?- Concerned Citizen



Stem saam met leser. Steel is nie 'n sonde, as daar net elke keer vergifnis voor gevra word nie. – Lizbeth



BBC Earth. Ek stem, het ook al gevra, maar geen terugvoering nie. Toe al vir MCN gebel. Die antwoord is, dit is net beskikbaar in Suid-Afrika. Watse nonsens, ek betaal my full bouquet. Ons word lekker bevark in Namibië.



Baie, baie dankie aan die bedag­same, vriendelike bestuurder wat vanoggend, 30 Januarie omstreeks 06:45 vir my in 'n wit Chev Spark spasie gegee het in verkeer in Begoniastraat. Ek waardeer dit baie. Die Here sal u en u familie seën. Groete.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!