SMSu00e9 vir 6 Januarie 2020
SMSu00e9 vir 6 Januarie 2020

SMSé vir 6 Januarie 2020

“. . . nie elke ou . . .”
Dani Booysen
Ons het die vakansie op Langstrand gebly. Netjiese, skoon plek. Vriendelike mense. Baie om te doen daarvandaan. Die permanente inwoners is nie kwaad oor ons daar is nie en ook nie 'n klomp kleuterskool-klakouse nie. Sal nie sommer weer in Henties vakansie hou nie.



Leierskap sit nie in elke ou se broek nie – is daar nog leiers wat plofbare situasies kan ontlont?



Would it be right if all Khoekhoegowab speaking children are withdrawn from from Namibian public schools because the Ministry of Education is refusing to allow the language to be taught on higher level? Khoe­khoegowab is the second most spoken language in Namibia and all the necessary training of teachers were completed but the Ministry of Education is still refusing to allow the language at higher level.



Wat is die sin daarin om 2 miljard te spandeer op 'n waterfront by Goreangabdam met sy vrot, onbruikbare water of kry 'n paar VIP-manne weer 'n deel daaruit? Om met besproeiingskanale by Neckartaldam te begin, sou 'n beter belegging wees.



Mnr. Engel, al is jy 'n adjunkminister geld alle regulasies en wette ook vir jou.



Ja, elke saak het 2 kante. Maar dit is uiters teleurstellend om in Republikein te lees dat iemand deur “swartes” omring was. Die wit Afrikaner het apartheid en rassisme in Namibië uitgeleef en het so na swart mense verwys. Sal dit dan nou reg wees as ons na witmense as die “wittes” verwys? Ek lees minagting in die gebruik van die woord swartes. – Riaan Denk (Die woord is gebruik in 'n direkte aanhaling uit die mond van 'n betrokkene by die geskil en is alleen ná diep nadenke weens hierdie konteks behou. Ons deel u bekommernis. – Redakteur)



Ek hoop !Nawatiseb laat sy gedagtes teruggaan na die rassistiese voorval waarby hy betrokke was op Otavi. 'n Minister kan hy nie wees sonder dat 'n goue skoen hom daarin geskop het nie. Sy optrede was rassisties en sy bloedvloei-dreigemente beteken niks. Ons Namibiërs is nie bang nie. Hy het in elk geval nie die mag om die polisie opdragte te gee of om paaie sommer net toe te maak nie. – Dave Viljoen



Is daar nie iemand na aan Katryntjie in die Suide wat aan haar kan sê dat sy haar naam krater maak met enige gegorrel in koerantverklarings nie?



Ek dink Katrina Hanse moet simpatie met haarself hê, want sy het nie meer ons s'n nie.



Is dit nie opvallend dat beweerde skelm, korrupte staatsamptenare ewe skielik naamlose siektes ontwikkel sodra hulle die binnekant van 'n tronk ruik nie? Dis ook staatskaping en vernietiging van die land en gewone burger se bestaan. Maar die gewone misdadiger ontwikkel geen siektes nie?



Die naam Wernhil word dikwels as “Wernhill” verkeerd gespel. Dit toon nie respek nie. Die naam is 'n samestelling van Werner en Hilde, die voorname van mnr. en mev. List wat die winkelsentrum gebou het. Daarom is die naam met een l gespel. Dit het niks met 'n hill (heuwel) te doen nie. Inteendeel, die gebou is in 'n vallei geleë. Spel die naam korrek, asseblief. – P.B. Pieterse



Alle verkeerde, strafbare, voorkomende en onwettige motorvoertuiggebeure wat plaasvind, word deesdae in Namibië as ongelukke gesien en aanvaar. Wat 'n sieklike siening wat plaasvind.



Padgebruik: Aan die rooi Jeep Cherokee-registrasie Cherrie wat 12 voertuie naby plaas Vergenoeg met 'n helse spoed verbygesteek het, wil ek net sê jy is verdomd gevaarlik. Namibia Brewery se bakkie wat die sperstrepe tussen Walvis en Swakop minag, jy is 'n verleentheid vir jou maatskappy wat padveiligheid wil bevorder. – Dave Viljoen



Ná die artikel oor die Apple i-Phone het 'n artikel in Amerika weer na vore gekom. Een Apple kos US$200 om te vervaardig en word vir US$680 verkoop. So hulle vat ons vir 'n ride. Dink daaraan, mense.



Aan die persoon wat vrae oor klimaatverandering het en banke en satelliete se invloed daarop: Jy is seker nie ernstig oor die redenasie nie. – JH



Ja, ek ken ook net die renosterbul of ­renosterkoei.



Delano & Lesley, thank you for the demonstrations held. Delano, thanks for your motivation. You are our hero in Kunene.



The kickboxing and self-defence delegation are doing a tremendous job. Delano, thank you for donating sports equipment to the children.



There is a certain little shop at a certain old age home selling liquor galore after hours, Sundays, public holidays, etc. Maybe this little shop operates as a shebeen?



Legioene van geeste het uitgegaan om te getuig. Een moet reg wees. Ja, die enigste wat reg is, is Jesus. Hy salf met water die regmerk in jou voorhoof, die ware opname in sy Koninkryk. Die lot en keuse het opgeval. Dankie vir u vergifnis, genade en liefde. U is die almagtige tot in ewigheid, amen. Groete van die profeet.



Die MTC 103 SMS-kompetisie het betrekking: Ek het die volgende SMS van hulle ontvang: Your language preference is English. To switch to Oshiwambo SMS Sindana to 103 at any time. G'n ander tale behalwe die 2 nie. Jislaaik! – Siener

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!