SMS'e 17 Junie 2020
". . . kry ons nog . . ."
Ek verwys na die ongeluk naby Okahandja waar een voertuig ’n ander op ’n draai verbygesteek het. Ek was onlangs naelskraap in ’n kop-teen-kop botsing betrokke toe ek ’n vragmotor ook op ’n effense links draai wou verbysteek. Die aankomende voertuig was in so ’n posisie dat ek dit nie kon sien nie. Die probleem is dat daar nie ’n sperstreep was nie en ek het gedink ek kon veilig verbysteek. Daar is etlike draaie wat net stippellyne het, waar daar sperstrepe moes gewees het.
Wil net vra, kry ons nog die N$750? Ons het die ID’s in persoon na die councillor toe geneem, soos gevra is, maar dit is doodstil. Word dit nog uitbetaal of wat word weer van daardie geld? Vra maar net.
Kan iemand vir my sê wat ek moet maak om ’n LBS-5 van my werkgewer te kry. Dit help ook nie om by labour te kla nie, hulle doen niks. Ek kry ook nie salarisstrokies nie, al vra ek.
Ek verstaan dit nie. Op ’n paneelbespreking op NBC sê die aanbieder “we must lead by example”, maar sy en die hele paneel sit sonder maskers, maar die gesprek het gegaan rondom ons moet die voorbeeld stel. Selfs in die parlement sien jy ook spreker op spreker se masker sit op sy ken, of is dit net van toepassing op die gewone man op straat en nie vir sekere elite nie? Double standards? Ek vra maar net.
Regtig, Hartklop FM. Moet ons elke middag luister hoe die leiers van ons land hulself soos kinders gedra? Skande vir die leiers van Namibië.
Ons wil graag dankie sê aan ’n paar dames van Senior Park wat ons met koek en tee kom bederf het en ons waardering uitspreek teenoor mnr. Ham, die opsigter, en sy inwonerskomitee vir wat hul doen vir Senior Park.
Kan die gesondheidsowerhede asseblief inspeksie doen by besighede wat goedere verkoop aan hotelle, koffiewinkels, kroeë en kosplekke wat vervaldedatums afvee van goedere en weer verkoop met hul eie vervaldatums aangebring.
Ek soek raad. Hoe maak ’n mens met jou plaasbure wat skelm Sondae op jou grond jag?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie