SMS'e 4 Januarie 2018
SMS'e 4 Januarie 2018

SMS'e 4 Januarie 2018

Francoise Steynberg
Geingob sê 2019 is die jaar van aanspreeklikheid! Regtig! Dink hy hy is op Graham Nortan se show? Miskien as hy vir Katrina saam vat met daai goue gordyn outfit. Hage jou tyd is verby!

Ek ken nie baie goed vir Vleisboek, Shutup of Ingram's kamferroom nie. Ook nie vir U tjoop, Sy of Haar tjoep nie. Die dinge maak my kop effe baie deurmekruis! - Sunny Boy

Operasie Horingkrans was deur Kaptein Curt von Francois op 12 April 1893 geloods teen Gaob Hendrik Witbooi en die Witbooi volk. Die hoof doel van die aanval was om die Witbooi volk in totaliteit te vernietig omdat hulle se leier geweier het om sy grond aan die Duitsers te oorhandig. Die vroue en kinders was op wreedaardige manier vermoor, sommige was lewendig uitgebrand. Dit is ongelooflik dat die Namibiese leier president Hage Geingob en die polisieleier Sebastian Ndeitunga n 'Operasie Horingkrans' loods teen misdadigers. Voel die twee leiers dat die Witbooi volkmisdadigers was en dat dit geregverdig was dat die vroue en kinders van die volk so brutaal vermoor moes word?

Auas Delta, hiermee wil ek vir Frans van Staden en Gerhard Vermeulen hartlik bedank vir die manier wat julle my op oukersaand en daarna gehelp het toe my bakkie my probleme gegee het. Dink nie dit kon op n moeiliker tyd kom nie, maar vir julle was niks in die pad nie. Ek ry nou al 25 jaar julle produkte en behalwe vir die normale goed soos dienste ens. nog nooit enige probleme gehad nie. Julle passie en commitment is n voorbeeld vir ons almal. Nogmaals dankie. Mag julle geseen word.

JACC FM julle praat min en jul musiek maak my voete jeuk! Julle speel baie wat mens nooit op ander stasies hoor nie e.g. nuwer Bee Gee, Moody Blues etc. Vanoggend was dit Icehouse! Maak my sommer 20 jaar jonger voel. Julle rock!

As ‘n baie ongelukkige regeringskoshuiswerker voel ek dat education ons kat en muis mee speel. Ons wag nou nog verlede jaar se oortyd en elke keer gaan dit so. Anders moet Thompson maar kos kom kook en die oortyd uitskakel da tons liewer afdae in die week kry. Thompson, ons soek ons geld.

NamPost is net so agter die brug soos die regering. Wag vir Hentiesbaai se munisipale rekening. Dit moet voor of op 7 Januarie betaal word en op 3 Januarie nog nie in my posbus nie. Ek weet dit sou voor 20 Desember al beskikbaar gewees het om te pos. Capricorn se Oktober 2018 staat is eers 18 Desember gepos. Dit kos my onnodige telefoonoproepe. - Johan



Kan pastoor Situde van Stampriet tog nie haar program in die kerk aankondig nie? Hoekom moet sy elke ogend inbel by die radio kai-sames? Ons is tog moeg, dit wys net sy komunikeer nie met haar gemeente nie.

Die Bybel praat van die tong wat in toom gehou moet word. Daar is ander loshangende dele wat ook in toom gehou moet word, maar dit word nie gemeld nie. Ek mag nooit ‘n huishulp in diens geneem het nie. Sy verweer: "Wie draai nou vir wie uit as ons altwee in die gang afkom!" Ek het voldag gewerk, ons kinders groot gemaak en al die huislike verpligtinge nagekom. Hy’t gejol, gedrink, gelieg en snags nie huis toe gekom nie. Hy’s dood aan ‘n hartaanval op ‘n huishulp! Rest in pieces! Ek soek die verlore Bybelversie! Die storie dat mans rondloop, want hulle kry "dit" nie by die huis nie, is snert! Party word geboremet die duiwel in die onderbroek!

Die laaste 4 uitgawes van Republikein is regtig die swakste wat ek die afgelope 10 jaar ervaar het. Ek skryf dit toe aan luiheid.



"Sollie Duiker nie beskikbaar vir kommentaar" Asseblief , die man kan nie eers sportspanne se klere reël nie, wat nog van sulke belangrike nasionale kwessies!

Hulp nodig asb van al die vrywilligers van Namibia. Ek is eensaam dame en is werkloos en ook sieklik. Is met vier seun wat skoolgaan: ene is in graade 11 toe geslaag, 2 is in graad 7en die laaste tweelinge is graad 2. So asb kan u hulle help asb met donasies laat ek my huis regmaak want dit lek baie as dit reën. Ook asb. met ou klere en skoene. Ek het my seuns baie lief en wil hulle graag help asb. Al die samaritane help asb. My kontakno is 081 329 5591.

Baie dankie aan almal e.g. Björn Basler wat gereeld julle natuurfoto's met ons in die Republikein deel en dat die koerant dit vir ons plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!